Thread Rating:
  • 0 Vote(s) - 0 Average
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
Pronkertjies!
#1
Ek het gisteraand 'n bos pronkertjies present gekry!!! Wat 'n vreugde!!!! Smile Dit ruik so lekker en vul die hele kamer met die geur! Dit is regtig een van my gunsteling blomme.... het so 'n paar ander ook!

:daisy:
Reply
#2
Ek raak altyd vol heimwee as ek pronkertjies sien of ruik. My man se oorlede pa het altyd massas daarvan geplant en hy het altyd vir my bossies gestuur terwyl ek en my man nog studeer het. Die arme ou was altyd so skaam om by die koshuis in te stap met die blommetjies want dit is nou nie 'n bos rose of so iets eksoties nie!!!

Ek was mal daaroor want soos jy se - die geur absoluut ongelooflik.

Geniet jou pronkertjies Pronkertjie!!!
I still love chocolate.
Reply
#3
Quote:Originally posted by Surita
Ek raak altyd vol heimwee as ek pronkertjies sien of ruik. My man se oorlede pa het altyd massas daarvan geplant en hy het altyd vir my bossies gestuur terwyl ek en my man nog studeer het. Die arme ou was altyd so skaam om by die koshuis in te stap met die blommetjies want dit is nou nie 'n bos rose of so iets eksoties nie!!!

Ek was mal daaroor want soos jy se - die geur absoluut ongelooflik.

Geniet jou pronkertjies Pronkertjie!!!


Heimwee is regtig die regte woord. Tog het dit ook soveel vreugde in my laat opwel..... dit was sooooo lekker om dit te ruik!!
Dit is nou op my etenstafel.... vir Saffers wat kom kuier Smile
Reply
#4
Pronkertjies! n Vriendin het so n week gelede vir my n bossie gegee, wat in my kombuisvenster gestaan het.

Die reuk het my laat terugdink aan n huis waar ek as kind gewoon het - my ma het teen die swembadheining n laning van die goed geplant, en elke jaar Septembermaand het hulle begin blom. Wanneer ek na skool so langs die swembad gele en droom het, was die geur alomteenwoordig. Ek mis dit.
Reply


Forum Jump:


Users browsing this thread: 1 Guest(s)