Posts: 3,833
Threads: 740
Joined: Jan 2004
Het nou net met iemand gepraat wat so 'n stukkie huis toe verlang......
"Ai, Afrikaans is so 'n mooi taal" sê hy, soos bv. 'Sy maak vir hom ogies' Ons begin toe allerhande gesegdes opnoem...
Kat in die sak koop
Aap uit die mou laat
Kuier dat die biesies bewe
Hond uit 'n bos uit....
:daisy:
Posts: 147
Threads: 19
Joined: Jan 2004
Agteros kom ook in die kraal
'n Stil bek is 'n heel bek
en nou kan ek aan niks anders dink nie. Snaaks as mens dit basies elke dag gebruik.
I still love chocolate.
Posts: 3,833
Threads: 740
Joined: Jan 2004
So dood soos 'm mossie (wonder waar dit vandaan kom)
Uit soos 'n kers
So vuil soos 'n vark
Jy lieg soos 'n ketter
So doof soos 'n kwartel
Wys waar David die wortels begrawe het
Vloek soos 'n matroos
Posts: 3,833
Threads: 740
Joined: Jan 2004
'n Nuwe een wat ek vandag vir die eerstekeer gehoor het...
"Ek sien die perd voor die stal nog voordat die stal gebou is."
Posts: 157
Threads: 9
Joined: Jan 2004
So dronk soos n tor
(torr? tor?)
Posts: 3,833
Threads: 740
Joined: Jan 2004
Quote:Originally posted by edmonsta
So dronk soos n tor
(torr? tor?)
tor... lol
Posts: 616
Threads: 12
Joined: May 2004
so toe soos 'n kleios se g*t (lekker dom)
so skaars soos hoendertande
so skaars soos wors in 'n hondhok
vloek soos 'n matroos
hardloop soos die wind
slaap soos 'n klip
balke saag (snork)
skel dat die spoeg so spat
die koeel is deur die kerk
mosterd na die maal
tot hane kraai
Posts: 3,833
Threads: 740
Joined: Jan 2004
Quote:Originally posted by sooibrand
so toe soos 'n kleios se g*t (lekker dom)
so skaars soos hoendertande
so skaars soos wors in 'n hondhok
vloek soos 'n matroos
hardloop soos die wind
slaap soos 'n klip
balke saag (snork)
skel dat die spoeg so spat
die koeel is deur die kerk
mosterd na die maal
tot hane kraai
Tien uit tien Sooibrand!
Hoe geniet ek dit nou!
:daisy: