Thread Rating:
  • 0 Vote(s) - 0 Average
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
Afrikaanse sayings
#1
Afrikaanse sêgoed.......

Hy is so kort hy weet nie of dit keelseer of aambeie is nie.

Hy is so kort hy slaan tot sy onderbroek se pype om.

Hy is so skelm, hy bid onder n skuilnaam.

Ek gaan jou klap dat jy lus kry vir niks.

Ek sit nou so lekker ek staan sommer op en sit weer.

"Lang gesig soos 'n bok wat afdraand vreet."

"Drank los nie probleme op nie, maar so ook nie melk of water nie."

"Ek voel nou so goed, ek vul sommer die lottonommers verkeerd in."

"Ek is nou so lui ek trou sommer met 'n swanger vrou."

"Ondervinding is iets wat jy eers kry nadat jy dit nodig het."

"Almal kry die voorreg om onnosel te wees, net jammer party maak misbruik daarvan."

"My vrou is so lelik, as sy op die sand sit wil die katte haar toekrap."

"Arende vlieg dalk hoog, maar ons muishonde word nooit deur 'n vliegtuigmotor ingesuig nie."

"Die mens is op aarde geplaas om 'n sekere hoeveelheid werk te doen. Op die oomblik is ek so ver agter ek sal nooit dood gaan nie."

"Ons kan nie almal helde wees nie, iemand moet langs die pad staan en hande klap."

"Ek glo dat as iets die moeite werd was om te doen, dan sou iemand anders dit lankal gedoen het."

"As jy lyk soos jou paspoort-foto, dan het jy 'n vakansie nodig."

Ek hoop jy voel nou beter Smile.......lekker dag verder.
Reply
#2
:crylol: Excellent! :thumbs:
Reply


Forum Jump:


Users browsing this thread: 1 Guest(s)