09-09-2004, 08:22 PM
Alt in die hemelkoor ........ ( KRY BAAAAAAAAAIE TISSUES )
HAAR Oe WAS GROOT EN KINDERLIK-ONSKULDIG MET 'N SWEEMPIE VAN DIE
ONDRAAGLIKE PYN WAT SY VERDUUR TOE SY VRA "MAMMA, KAN EK ALT SING IN
LIEWE JESUS SE HEMELKOOR? JUFFROU ANNALIE Se EK IS 'N ALT, WANT EK KOM NIE
DIE HOe NOTE BY NIE"
EK HET VINNIG WEGGEDRAAI OM KWANSUIS NUWE WATER IN DIE VAAS VAN PIENK
ROSE TE TAP EN MY TRANE HET IN DIE WIT HOSPITAALWASBAK GEDRUP TOE EK Se: "EK
IS SEKER LIEWE JESUS HET NOG VIR JOU 'N PLEKKIE TUSSEN DIE ALTE, LIEFIE."
TOE EK 'N RUKKIE LATER MET DROe Oe OMDRAAI, WAS SY VAS AAN DIE SLAAP,
HAAR SKRAAL HANDJIE BESKERMEND OM HAAR BRUIN TEDDIEBEER.
SY WAS SES JAAR OUD, MY ENIGSTE DOGTERTJIE WAT DEURTREK IS VAN DIE KANKER.
DIE DOKTER HET GESe DAT ONS ONS IN DIE LOOP VAN DIE VOLGENDE WEEK
GEREED MOES HOU VIR DIE ERGSTE. HAAR LAASTE WENS WAS DAT ONS HAAR DIERBAARSTE
SPEELGOEDJIES IN HAAR SKOOLTASSIE MOES PAK EN DAT SY VIR OULAAS 'N DAG
BY HAAR KLEUTERMAATJIES WOU GAAN SPEEL. JUFFROU ANNALIE HET REEDS OP 'N
MOOI MANIER AAN DIE KLEUTERTJIES VERTEL DAT HULLE NOG EEN KEER MET JAMINDA
KON SPEEL EN DAT SY DAARNA WEGGAAN OM BY LIEWE JESUS IN DIE HEMEL TE GAAN
SPEEL.
JAMINDA SELF HET OOK GEWEET DAT LIEWE JESUS VIR HAAR WAG EN EK HET MET
'N KNOP IN MY KEEL NA MY MAN GEKYK AS SY OPGEWONDE RAAK OOR DIE
VOORUITSIG.
MY MEISIEKIND SE LAASTE SKOOLDAG HET OP 'N SKAMELE SESJARIGE OUDERDOM AANGEBREEK. SY HET VROEGOGGEND VIR MY BEDUIE WATTER BLOMME IN DIE TUIN EK
VIR JUFFROU ANNALIE MOES PLUK. "VAN DAARDIE GELES, MA. JUFFROU ANNALIE
Se ALTYD EK IS 'N REGTE SONSTRAALTJIE IN HAAR LEWE." DIE KLIEN, BRUIN
SKOOLTASSIE WAS GELAAI VAN DIE SPEELGOED.
EK GUN JOU DIE LEKKERSTE SPEELDAG VAN JOU LEWE MY KIND, HET EK BEWOe
GEDINK TOE EK HAAR UIT DIE MOTOR IN DIE ROLSTOEL TEL.
DIE KLEUTERKLASSIE HET DIE ENE Oe, MAAR VERSKRIK, AGTER JUFFROU ANNALIE
BLY STAAN TOE ONS KLAS TOE BEWEEG. JAMINDA SE BESTE MAATJIE, KNOXIE,
HET HUIWERIG VORENTOE GETREE. "KAN EK JAMINDA STOOT, TANNIE?" EN EK HET,
DANKBAAR VIR DIE GEBAAR, OORGEGEE AAN MY KLEIN HELPERTJIE. DIT HET DIE
YS GEBREEK.
BINNE OOMBLIKKE WAS DIE HELE KLAS OM DIE ROLSTOEL GESKAAR. DIRKMAN HET
VERNEEM OF DIE ROLSTOEL SE WIELE SLIME IN HET, TERWYL EMMA EN FRANSIEN
WOU WEET OF DIE INSPUITINGS SEER WAS. EK EN JUFFROU ANNALIE HET VERWESE
EENKANT TRANE AFGEVEE EN TOE DAPPER BEGIN DEELNEEM AAN DIE KLEUTERS SE
SKYNBAAR GEWONE GESPREK. NA 'N UUR SE GESELS KON EK SIEN DAT DIE
OPWINDING BESIG WAS OM SY TOL TE EIS. JAMINDA SE Oe WAS BAIE BLINK IN HAAR BLEEK
GESIGGIE.
TOE VRA SY OF SY IETS KAN Se VOOR ONS HUIS TOE GAAN. JUFFROU ANNALIE
HET AL DIE KLEUTERS VOOR HAAR OP DIE MAT LAAT SIT. WAT DAARNA GEBEUR HET,
HET MY VAN ALLE WOORDE GESTROOP.EK HET AL IN MY ENIGHEID BEGIN WONDER WAAROM DIE BRUIN TASSIE SAAMGEKOM HET.
JAMINDA HET DIE TASSIE OOPGEKINP EN ELKEEN VAN HAAR VYFTIEN
KLEUTERMAATJIES BY NAME VORENTOE GEROEP. OP VYFTIEN VAN HAAR
GELIEFKOOSDE
SPEELGOED HET SY NAME MET PAPIERTJIES EN KLEEFLINT VASGEPLAK.
"EMMA, JY MOET MY PORSELEIN-TEESTELLETJIE KRY - DINK AAN MY AS JY EN
JOU POPPE TEE DRINK. DIRKMAN, HIER IS MY FIETSPOMP - JOU FIETS SE WIELE IS
MOS ALTYD PAP. FRANSIEN, HIER IS MY HARTJIE HANGERTJIE WAARVAN JY SO BAIE
HOU. AS JY HOM OOPKNIP, IS DAAR 'N FOTOTJIE VAN MY IN."
SO HET DIE PYNLIKE UITDELERY AANGEHOU. EN TOE KOM KNOXIE, HAAR SPESIALE
MAATJIE, AAN DIE BEURT. EK HET MY NEK GEREK, MAAR DIE BRUIN TASSIE HET
VIR MY LEEG GELYK. HET JAMINDA VAN KNOXIE VERGEET? MAAR NEE, JAMINDA HET
HAAR MEES GELIEFDE SPEELDING VAN HAAR SKOOT AF OPGETEL, EEN LAASTE KYK IN
DIE BRUIN TEDDIEKRAALOGIES GEGEE EN HOM TOE MET 'N BESLISTE TREKKIE OM HAAR
MOND VIR KNOXIE AANGEGEE.
"PAS TEDDIE MOOI OP, WANT EK IS BAIE LIEF VIR HOM. VAT OOK MY BRUIN
TASSIE - EK HET KLAAR JOU NAAM IN DIE DEKSEL GESKRYF. JUFFROU, EK MOET NOU
HUIS TOE GAAN. KAN ONS VIR OULAAS STILLE NAG SING?"
BEWERIG HET SY OPGESTAAN EN TUSSEN DIE ALTE GAAN STAAN EN NOG NOOIT HET
STILLE NAG SO NA-AAN DIE VAN 'N ENGELEKOOR GEKLINK NIE.
IN DIE MOTOR OP PAD HUIS TOE HET SY TERUGGESIT, VIR MY GEKYK, GEGLIMLAG
EN 'N LAASTE TEVREDE SUG GEGEE. EK HET MET TRANE IN MY Oe BESEF: JAMINDA
HET SO PAS AANGEMELD AS ALT BY DIE HEMELKOOR...
..... en as jy nie 'n kind van jou eie het nie - gryp sommer iemand
anders s'n in die verbygaan en gee hom/haar 'n stywe drukkie - hoe sal jy ooit
weet - miskien is dit ook vir oulaas.