21-10-2004, 08:38 PM
Beeld-deurloop:
'n Herfs met roekelose, triomfantelike kleur - Cecile Celliers
Onthou ek herfs in Johannesburg - die bleekblou lug, die liggeel blare van die witstinkhout wat grond toe dwarrel - onthou ek dit as 'n weemoedige seisoen.
Maar hier waar ek by my kind kuier, staan die herfs in die teken van vreugde, brand die omgewing met roekelose, triomfantelike kleur.
Kom vir fall, Mamma, het Amalie gesê toe ek die kuier beplan het, dan maak ek en jy 'n road trip of twee om na die blare te gaan kyk - New England, Vermont, Wes-Virginië.
Maar toe was dit glad nie nodig om die pad te vat nie. Hier in Chadd's Ford, in hierdie klein hoekie van Pennsilvanië, 'n area waarvan niemand skyn te weet nie (Chadd's Ford is a state of mind, not a geographical des cription) vlam die bome, gloei die grond van kleur.
My kinders se huis staan aan die rand van 'n bos, elke venster kyk uit op bome: berke, wit eik - verder moet ek raai, die Amerikaanse boomname kom nie in die woordeboek voor nie.
En elkeen van die bome, waarvan die vensters vól is, is aan die verkleur, en stellig vir die eerste keer in my lewe het ek nie taal nie, skiet my woordeskat tekort.
Die populiere - as dit populiere is - is nog donkergroen, maar stadigaan raak elke boom met geel gespikkel, bottergeel spatsels op die groen.
Die son val skuins deur die takke van eik en berk, slaan goud uit die blare, en as die wind stoot, val blink koperpennies in vlae grond toe.
Om langs die Brandywine-
rivier te ry, is om 'n kleurpalet by jou te laat verbystroom - 'n warboel van rooi en geel, oranje en brons. Skielik verstaan ek hoekom die Amerikaners soveel van die herfs maak.
Hulle verander hul kleurskemas tuis, gebruik helder tafeldoeke en breekgoed, dra truie en baadjies wat spesiaal vir hierdie tyd van die jaar gebêre word.
Want 'n mens kry die begeerte om nie vaal die lang winter in te gaan nie, maar saam met die bome die laaste van die somer in kleur uit te jubel.
In die tuine is daar nie meer blomme nie. Al wat oorbly, is die asters, die hardy mums, wat nou oral in potte pryk, en saam met helderoranje pampoene wedywer om kleurdominansie.
Halloween lê voor die deur, en dit val saam met Mexiko se Dag van die Dooies, wanneer families begraafplaas toe gaan om tyd saam met die dooies deur te bring.
Met sout en water as geskenk bring hulle hulde aan gestorwe geliefdes, gesels liefderik met en oor hulle, en vier dan fees tussen die grafte met tradisionele lek kernye. En ewe fel is die kleure van daardie fees: pienk en swart en oranje.
Gë?nspireer deur die omgewing is ek self Mall toe om vir my 'n kabaai te koop, 'n gewaad wat straal van kleur - 'n wandelende herfs word ek daarin.
En mag Kaapstad se fel somer my genadig wees!
Lank sal die kleurspel stellig nie meer duur nie.
Gisteraand was daar vuur in die kaggel, en toe ons vanoggend om nege-uur uitry, toe lê die eerste ryp spierwit op die gras. En storms word voorspel.
Saterdag haal ek die vliegtuig terug huis toe, en my laaste herinnering sal van hierdie kleur wees, hierdie opwindende, stimulerende, troostende kléúr. En ek sal dit nodig kry - veral die troos.