Thread Rating:
  • 0 Vote(s) - 0 Average
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
Blapse in kerkblaadjies
#1
n Paar blapse uit kerke se afkondigingslyste:


Vir alle ma's wat klein kindertjies het en dit nie weet nie - ons het 'n moederskamer net langs die kerk.


Die blomme in die kerk sal geskenk word aan diegene wat siek is na die erediens.


Volgende week word die kerkraadsvergadering Woensdag om sewe-uur gehou, en die predikant van Sondag is in die konsistorie opgeplak.


Basaarafkondiging: Almal welkom! Kom gerus as jy niks aanhet nie en kom deel in die pret.


Ons gemeente gaan vanaand lekker melkskommels in die kerksaal drink, sal alle vroue wat melk skenk asseblief reeds om 18h00 daar wees.


Ten tye van die predikant se siekte : Die Here is goed, ons predikant is beter.


Ons het vanaand 'n byeenkoms in beide die oostelike vleuel en die westelike vleuel van ons kerkgebou. Babas sal beide kante gedoop word.


Alle vrouelidmate kom Woensdag die elfde in die biblioteeksaal bymekaar vir 'n praatjie oor die hemel. Hoe jy daar kan kom? Vervoer is beskikbaar om 19h00 vanaf die bushalte oorkant die hotel.


Eerskomende Sondag sal daar 'n spesiale kooruitvoering wees, waarna die kerk gesluit sal wees vir herstelwerk.


'n Nuwe luidsprekersisteem is in die kerk geinstalleer. Dit is 'n geskenk deur een van ons gemeentelede ter herinnering aan sy vrou...


Weight Watchers het weer vanaand hulle byeenkoms in die saal. Gebruik asseblief die dubbeldeure van die syingang.


November die negentiende om tienuur. Oggenddiens : Ds. Bruwer - Die wereld se grootste probleem

:rofl:
Reply
#2
:duh: heh...

eintlik is dit meer so :crylol: :crylol: :crylol:
*Doer of healing rituals and keeper of brooms.*

*Water flows, Wind blows, Fire glows, Earth grows, Magic shows.*
Reply


Forum Jump:


Users browsing this thread: 1 Guest(s)