Thread Rating:
  • 0 Vote(s) - 0 Average
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
Wat maak wie?
#1
Wat doen al julle mense? Dis Maandag en ek is bietjie af vandag... kom so pas terug van B&Q waar ek 'n spul pragtige plante gekoop het vir die tuin. So terwyl die son skyn is dit tuinwerk vir my vandag!

Geniet die dag waar julle ook al is, wat julle ook al mag doen en wie julle ook al mag wees Big Grin :daisy:
Reply
#2
Ek was nou baie amper in baie groot moeilikheid.

Easyjet het 'n uitverkoping op hulle vliegtuigkaartjies en ek boek toe vir ons kaartjies om net vir die dag Munich toe te gaan om na die Kersmark toe te gaan. Dit was nog altyd 'n droom van my om na 'n Europese kersmark toe te gaan.

Wel ek is toe slim genoeg om die kaartjies te boek vir die dag wat Suid Afrika teen SKotland rugby speel. My man beplan al vir 'n jaar om na die game te gaan kyk saam met al sy vriende.

Gelukkig het ek dit vinnig genoeg agtergekom en kon ek die kaartjies verander het!!!

Dink net as ek vir hom moes se: "Liefie jy kan nie gaan rugby kyk in Skotland nie want jy gaan saam met my na 'n Kersmark toe!".
I still love chocolate.
Reply
#3
O genadetjie tog ek sal my sy gesig kan voorstel as jy dit moes se - kersmark ipv rugby! Big Grin Bly jy het darem die datum onthou!!
Reply
#4
Hy werk op die oomblik in Suid Afrika en toe hy my bel en ek vertel vir hom van die ongelukkie het sy stem soos ys geword en sy presiese woorde was: "Wel Liefie, jy beter dit so gou as moontlik verander."

Ek is bly daar was darem nog 'n liefie in die sin alhoewel ek twyfel of ek 'n liefie sou wees as ek dit nie verander het nie.
I still love chocolate.
Reply
#5
Hier in die noord-weste is dit weereens betrokke en koel! Ek kon darem die gras gesny kry voor dit weer neer stort! Nou vir 'n lekker warm koppie koffie Smile

Hoop almal geniet hul dag ook Smile
Reply
#6
Hmmm :mmm: baie stil hier in die Afrikaanse draadjie! Is julle almal baie besig?
Ek by huis met vrot verkoue! :cold:

Hoop almal geniet hul dag :lovef:
Reply
#7
Pak my tasse en loer so tussen in hier in...


Die huurmotor kom ons 16:00 oplaai en na Manchester neem, vlieg vannaand na SA en vlieg weer op 8 Oktober terug!!


:cloud9: :babyroll: :cloud9:
Reply
#8
Ag hoe lekker! Ek is seker julle gaan 'n heerlike vakansie he! Het vanoggend met sussie-goed in Mosselbaai gepraat en sy het behoorlik ingevryf hoe lekker die Confusedunny: daar skyn en die somer wat oppad is!

Reis veilig en geniet elke oomblik Big Grin
Reply


Possibly Related Threads...
Thread Author Replies Views Last Post
  Hanks se firma wil fliek oor Oscar Pistorius maak Pronkertjie 0 2,935 Less than 1 minute ago
Last Post:

Forum Jump:


Users browsing this thread: 1 Guest(s)