Thread Rating:
  • 0 Vote(s) - 0 Average
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
Wiel!!!
#1
My naam is Wiel.

Die eksentrieke ouers stuur hul oudste kind van 4 vir die eerste keer skool toe.

Sy naam is "Wiel".

Die eerste dag vra die onderwyseres elke outjie se naam.

Dis Sannie en Jannie en Pietie en Martie en dies meer.

Sy kom by Wiel en toe sy hom vra, se hy sy naam is

-* "Wiel".

Die juffrou help hom mooi reg en se,

-* "Seuntjie, juffrou wil jou regte naampie hê, nie jou noemnaampie nie, hoor"

Weer sê hy,

-* " Dis Wiel, juffrou."

Sy sê,

-* "Nee, sê vir juffrou wat is jou naam wat jy gedoop is, nie die naampie wat mamma en pappa jou noem nie".

-* "Dis Wiel juffrou", sê hy.

Teen die tyd is juffrou al vies en sy sê hy moet vir haar wag pouse.

Toe pouse kom is sy al heeltemal opgestress met al die nuwe kleuters om haar.

Sy is toe sommer heel kwaai met Wiel en se vir hom,

-* "As jy nie vir juffrou jou regte naam wil sê nie, dan vat ek jou kantoor toe sodat die skoolhoof met jou sake kan werk.

Die arme outjie hou vol sy naam is Wiel.

Sy vat hom toe kantoor toe. Die skoolhoof (´n kwaai een) vra ook sommer dadelik en bulderend,

-* "Mannetjie, wat is jou naam, en as jy my nie dadelik ou regte naam gee nie, foeter ek jou!!"

Teen die tyd begin ou Wiel al huil en weereens sê hy,

-* "Dis Wiel meneer!"

Die skoolhoof gryp hom aan sy nek en gee hom ses van die bestes met die boodskap dat hy sy regte naam by sy ouers moet kry en dit more vir die hoof moet kom vertel, anders kry hy weer pakslae.

Later die middag stap Wiel huis toe, baie bekommerd oor wat hom nou te doen staan.

So ´n ent van die huis af kom sy boetie wat nog nie in die skool is hom tegemoed gehardloop.

Hy is erg nuuskierig en wil net weet hoe was sy eerste dag by die skool.

Wiel kyk sy boetie so op en af en sê,

-* "P!spot, vir jou mo*r hulle morsdood."
Reply


Forum Jump:


Users browsing this thread: 1 Guest(s)