Thread Rating:
  • 0 Vote(s) - 0 Average
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
Dink dit is bietjie belaglik!
#1
Ek kan my nie vereenselwig om soveel te betaal vir 'n stel nommer plate nie!!!!



Wie gaan R1 miljoen opdok vir 1 GP?

Dié nommerplaat is tans in die mark nadat die Gautengse departement van vervoer vandeesmaand die driehonderd mees eksklusiewe nommerplate beskikbaar gestel het.

Die oud-Springbokkaptein Joost van der Westhuizen was een van die eerste kopers, maar hy het sy nommerplaat reeds jare gelede opgeraap.

Hoewel verpersoonlikte nommerplate ses jaar gelede in Gauteng bekend gestel is, is dié "premie"-nommerplate teruggehou om die hoogste pryse te behaal, sê mnr. Barry Berman, besturende direkteur van Letlapa Plates. Letlapa het die tender gewen om nommerplate namens die Gautengse owerheid te bemark.

Die regering wou wag totdat die handel in nommerplate eers behoorlik posgevat en die publiek gewoond geraak het aan die idee om baie geld op te dok vir verpersoonlikte nommerplate voordat die mees eksklusiewes beskikbaar gestel is.

Lees hier verder.....
Reply


Forum Jump:


Users browsing this thread: 1 Guest(s)