Thread Rating:
  • 0 Vote(s) - 0 Average
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
Eintlik is ons almal deesdae weerloos
#1
Beeld-deurloop: Cecille Cilliers

Hulle pendel tussen Stellenbosch en Vishoek, Dawie en Griet. In die week boer hulle, naweke kom hulle na hul eenheid hier in die aftree-oord.

So raak hulle hier onder ons ingeburger, en wanneer hulle uiteindelik nie meer kans sien vir die boerdery of die pendelary nie, kan hulle finaal hier intrek, klaar tuis vir die laaste skof.

Vrydagaand in die Klubhuis sit ek langs Griet en gesels. Hoe gaan dit? vra ek. Sy het altyd interessanthede te vertel van die plaas en die omgewing of van haar kinders. Maar vanaand is dit Â’n treurmare. Daar is by hulle op die plaas ingebreek, vertel sy. Terwyl hulle in die huis was.

Iets het haar wakker gemaak, en sy stoot aan Dawie: Hoor jy dit? Dis niks nie, Hart, antwoord hy. Slaap maar.

En toe gaan die alarm af, die hoë geloei wat die hart tot stilstand ruk.

Dawie spring op, skakel ligte aan. Binne minute is die gewapende veiligheidsdienste daar, die polisie op hulle hakke.

Maar toe is alles reeds doodstil in die huis, die boef weg. Hy het twee ruite in Â’n kombuisvenster gebreek, daardeur geklim, maar met sy instap in die vertrek in, is die alarm se rooi ligstroom gebreek. Wat Griet gehoor het, was die sagte woergeluidjie wat Â’n minuut lank duur voordat die alarm afgaan. In daardie minuut grasie wat hy gegun is, en voordat hy weg van die geloei die donker in gevlug het, het die inbreker Griet se handsak gegryp, en haar naweektassie, wat in die kombuis reggesit was vir die tog Vishoek toe.

Die geldelike verlies is nie so groot nie, sê Griet, hoewel dit ophoop, want in die handsak was die afstandbeheer vir die hek, vir die motor, en die sleutels. En haar kredietkaart en ID – alles moet vervang word, die kredietkaart gestop. Dit is die volgende oggend douvoordag gedoen, maar daar is nogtans duisende rande daarmee bestee. Slotte moet vervang word, en wat die motor betref, skyn dit feitlik onmoontlik te wees. Maar alles is gedoen, sê sy, en hier is ons. Sommer met die bakkie, want die motor se sleutels is nou soek . . .

En toe breek haar kommer skielik deur: Ons seun – hy woon op Stellenbosch – was so bekommerd oor ons, en so goed vir ons. Ons moes opsluit die volgende aande by hom gaan slaap. En hy bly bekommerd. Miskien moet ons liewer die plaas opgee, sê hy. Ons word oud, en ons is weerloos . . .

Weerloos? Weerloos teen wát? wonder ek.

Teen die ouderdom? Dawie lewer nog elke jaar sy wavragte druiwe vir die wynmakers, sy vel toon die tekens van jarelange son, maar hyÂ’s skraal en rateltaai, lag maklik, speel die mondfluitjie met oorgawe, en het Griet vir haar tagtigste verjaardag die vorige jaar met die QE2 Engeland toe gevat.

Teen seniliteit? In die naweektassie was Griet se bloeddrukmeter – dié meet sy self, omdat haar bloeddruk so maklik bokspring. In haar handsak was haar sakrekenaar, sodat sy moeiteloos haar transaksies kan doen; en haar elektroniese Sudoku, vir haar so verslawend en onontbeerlik as my blokkiesraaisels. Nee, teen die jare is Dawie en Griet nie weerloos nie.

Maar weerloos wel teen die gewelddadigheid, die misdaad, die kultuur van toe-eiening wat in ons onderstebo samelewing posgevat het. Hulle seun is nie verniet bekommerd nie. Ons behoort almal bekommerd te wees.
Reply
#2
Dis baie waar, almal is weerloos deesdae...
Reply


Possibly Related Threads...
Thread Author Replies Views Last Post
  Waar pas ons almal in die 'global village' in? Pronkertjie 0 2,866 Less than 1 minute ago
Last Post:

Forum Jump:


Users browsing this thread: 1 Guest(s)