Thread Rating:
  • 0 Vote(s) - 0 Average
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
Ek's walviskyker eerder as slakvegter
#1

Cecille Cilliers
O, die Kaap, die Kaap, die wonderlike Kaap!

Noudat die varkore so te sê verby is – die kelke skuim nog net hier en daar wit in die vleie – is dit die walvisse se beurt. Vanjaar kan Hermanus maar loop slaap, sê die plaaslike mense: Valsbaai het meer walvisse per vierkante meter as wat ons in jare gesien het.

Dié wat gelukkig genoeg is om vlak langs die see te woon of bo teen die berg, vertel dat hulle deurnag die ou grotes hoor steun en dreunsing, aan die vry of paar of kalf of wat hulle ook al doen terwyl hulle hier in ons baai oorstaan.

Ek sê “ons baai”, maar ek woon natuurlik nie naby die see nie, so ek moet maar my kyk kyk wanneer ek van Wynberg se kant af al met die kus langs terugry huis toe. En van Muizenberg af, oor St. James, verby Kalkbaai en Clovelly, staan daar plotseling ’n sproei water bo die see, of wys daar in die blou ’n lui swart vin.

Soms, as jy gelukkig is, slaan ’n swaar stert boontoe en is jy die dag werklik geseënd, dan spring hy hoog bo die water uit, kompleet ’n dolfyn.

Sy tonne-swaar lyf land terug op die see met Â’n slag soos Â’n kanonskoot.

Nou die dag was daar so vier, vyf, feitlik op Glencairn-strand, so naby dat van die baaiers – taamlik onverstandig – na hulle toe uitgeswem het.

Walvisse is miskien nie aggressief nie, maar beslis nie skadeloos nie. ’n Vriendin van my, ’n sterk swemmer, was naby ’n groep walvisse in die baai, toe ’n stadige walvis-vinslag so ’n sterk golf laat aanspoel dat sy weerloos op die rotse beland het, haar arms en bene sleg gesny. Dit was nie met opset nie, sê sy. Almiskie, sê ek.

Dit mag die nat winter wees wat soveel van die reuse-visse na Valsbaai gelok het; dis beslis die nat winter wat soveel peste laat ontkiem het. Die Kaap het baie name: dis ’n mooie Kaap, ’n Kaap van storms, ’n Kaap van hoop – en ’n Kaap van peste.

Â’n Transvaalse tuinier is nie peste gewoond nie. Soms is daar rooi spinnekop op jou Johannesburgse rose, maar dosyne, nee, triljoene slakke op jou kappertjies is vir Â’n Gautenger Â’n vreemde gesig.

En doodkry van dié gediertes is min.

Die dikgevrete akkedisse onder die gereedskapskis op my stoep maak kwalik Â’n duik in die slakbevolking. My buurvrou versamel hare en gooi hulle by die toilet af, net om twee uur later die hele spul by die bak te sien uitklim.

Â’n Mens word gewaarsku om hulle nie onder jou skoensool te vermorsel nie, hoe groot die versoeking ook al mag wees.

Tweeslagtig, is hulle vol eiers wat net eenvoudig weer uitbroei. En ons skrik vir daai blou pilletjies. HierÂ’s katte.

Die bont kappertjies staan vrolik in die son, maar oor hulle blare loop die blink slakstrepe en elke geel of oranje helderte moet by die pluk ondersoek word vir die slakkie in sy hart. Ek’s g’n tuinier nie, en ek raak bitter gou moedeloos. Wurms het al my orgideë op die stoep opgevreet, die slakke het my twee boslelies in die agtertuintjie verteer.

Ek kan die hele ou spul met smaak vermoor.

Toe ek vanmôre weer so na die verwoesting staan en kyk, maak ek summier ’n nie-tuiniersbesluit: Ek gaan my verkyker vat en loop walvisse soek. Want ek verkies om langarm met die natuur te dans, hier in die wonderlike, walvisryke, verpestelike Kaap[COLOR=Navy].



:ct:
Reply
#2
sy skryf so beskrywend
Reply


Forum Jump:


Users browsing this thread: 1 Guest(s)