Thread Rating:
  • 0 Vote(s) - 0 Average
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
Frikkadelle en ?
#1
Ek het vir manlief belowe dat ek vanaand vir hom frikadelle sal maak met 'n rooiwyn en stock sous maar nou wonder ek net wat ek daarby moet maak. Ek is al so verveeld met rys en mash. Ek dink ook nie eintlik frikkadelle sal heeltemal saam met pap gaan nie - veral nie my pap nie want ek sukkel maar lekker - dit kom altyd uit so iets tussen krummelpap en slap pap - nie vreeslik aptytwekkend nie.

Groente word natuurlik nie op sy bord toegelaat nie so ek sal maar so skelm skelm vir my brussel sprouts stirfry met 'n stukkie bacon en bietjie chilli!!! Sjoe ek het amper op my rug geval oor hoeveel brussel sprouts hier in Suid AFrika kos - dit is amper 'n luukse!

Laat ek gaan kook!
I still love chocolate.
Reply
#2
Surita Wrote:Ek het vir manlief belowe dat ek vanaand vir hom frikadelle sal maak met 'n rooiwyn en stock sous maar nou wonder ek net wat ek daarby moet maak. Ek is al so verveeld met rys en mash. Ek dink ook nie eintlik frikkadelle sal heeltemal saam met pap gaan nie - veral nie my pap nie want ek sukkel maar lekker - dit kom altyd uit so iets tussen krummelpap en slap pap - nie vreeslik aptytwekkend nie.

Groente word natuurlik nie op sy bord toegelaat nie so ek sal maar so skelm skelm vir my brussel sprouts stirfry met 'n stukkie bacon en bietjie chilli!!! Sjoe ek het amper op my rug geval oor hoeveel brussel sprouts hier in Suid AFrika kos - dit is amper 'n luukse!

Laat ek gaan kook!

Surita...

Dit is seker nou bietjie mostert na die maal, maar....

maak mash.... goeie ou kapok aartappels, en dan maak jy dit sulke hopies met 'n roomys lepel, en dan strooi jy bietjie kaas en rooi peper daaroor, en dan bak jy dit so effe in die oond.... hy sal nie eers weet dit is 'n aartappel nie.... Smile

:daisy:
Reply
#3
Hmm dit klink sommer lekker Pronkertjie!
Reply
#4
Hi Pronks

Ek sal dit beslis volgende keer probeer - hy het sommer net rys saam met sy frikkadelle gekry maar rys is sommer lekkerder saam met 'n lekker sous.

Vanaand het ons die heerlikste take away ribs en chips geeet vir R28 'n porsie! Ek kon maar net lag want mens kan nie eers 'n MacD burger kry vir R28 in Engeland nie!
I still love chocolate.
Reply
#5
Surita Wrote:Hi Pronks

Dalk moet jy weer vir hom 'n ontbeende gestopte hoender gaarmaak...... jy kan dan die Eend familie nooi om saam te kom eet :haha:

Ek het vannaand gaste gehad, en het uie baie dun gesny en in 'n bietjie botter gebraai en toe die rys bygesit en kook water met 'n hoender blokkie daarby gegooi. Dit was heel lekker!

Sjoe, dit is darem lekker goedkoop ne...

:daisy:
Reply
#6
My Afrikaans is nie baie goed maar julle het my baie lus gemaak vir frikadelle :chef:
Reply
#7
Hoe maak julle jou frikkadelle?

Myne is 'n Malay resep en het chillie in - dit is nogal lekker maar ek bedien niks behalwe dips met dit.

Toe ons kinders was het ma altyd frikkadels saam met gebruinde uie of kool bedien. Dan ook patats of rys by.
Reply
#8
Bushbaby Wrote:Hoe maak julle jou frikkadelle?

Myne is 'n Malay resep en het chillie in - dit is nogal lekker maar ek bedien niks behalwe dips met dit.

Toe ons kinders was het ma altyd frikkadels saam met gebruinde uie of kool bedien. Dan ook patats of rys by.

Hi Bushbaby

ek het 'n baie lekker frikkadelle resep - as jy vir my bietjie kans gee tot volgende week toe dan sal ek dit pos. Dit is 'n rooiwyn resep Smile

Ek meng gewoonlik sommer geweekte witbrood, met uit en 'n eier, met pietersielie of ander kruie, en kook dit en laaste maak ek 'n sous - sommer bisto.... dit kom nogal lekker uit.

Kerrie perskeslaai is ook baie lekker daarby.

:daisy:
Reply
#9
O gaats daardie gestopte onbeende hoender - sjoe ek het sommer groot geskrik vir daardie vlymskerp messie en dan moes ek nog naaldwerk ook doen. So ek het dit nog nooit probeer nie!!! Sjuut moet niks se nie want anders gaan Manlief dit wil he!
I still love chocolate.
Reply
#10
Surita Wrote:O gaats daardie gestopte onbeende hoender - sjoe ek het sommer groot geskrik vir daardie vlymskerp messie en dan moes ek nog naaldwerk ook doen. So ek het dit nog nooit probeer nie!!! Sjuut moet niks se nie want anders gaan Manlief dit wil he!

:haha:

Ek het dit ook nooit weer probeer nie !

Reply

Forum Jump:

Users browsing this thread: 1 Guest(s)