Thread Rating:
  • 0 Vote(s) - 0 Average
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
Gedink idiome is vervelig?
#1
Wat beteken:
Dis moeilik om die pot aan die kook te hou?
Die krag is af.

Wat beteken:
Met die deur in die huis val?
Baie dronk wees.

Wat beteken:
Hy sit met sy hande in sy hare?
Sy kop jeuk.

Wat beteken:
Hy het 'n klap van die windmeul weg?
Hy's met 'n Hollandse vrou getroud.

Wat beteken:
Kop in een mus?
Hulle het nie genoeg geld vir nog 'n mus nie!

Wat beteken:
Hy't die emmer geskop?
Sy toon is seer.

Wat beteken:
Snuf in die neus kry.
Iemand se skoene stink.

Wie die laaste lag....
.... het die grap vertel.

Hoe kaler jonker....
.... hoe stouter in die donker.

Elke skewe pot....
.... se deksel rater.

As die kat weg is...
.... het ons meer melk.

:daisy:
Reply
#2
Baie oulike Pronkertjie, waar kom jy aan al die goed? :haha:
Reply
#3
Ek geniet al die segoed! (jammer maar ek kan nie kappie op die e sit met die verdomde 'laptop' nie! :mad: )
Reply
#4
Quote:Originally posted by Dolla
Baie oulike Pronkertjie, waar kom jy aan al die goed? :haha:


'n Vriendin het so 4 jaar gelede gedink ek het die boekie nodig.... dit is eintlik 'n kinder grappie boek... Smile
Reply


Forum Jump:


Users browsing this thread: 1 Guest(s)