01-04-2006, 02:06 PM
“Gee haar blomme!†onthou ek nog het die swartbord gelees voor die verafrikaansde Portugees se groentewinkel in Hatfield. Saterdae het ons die week se groente en vrugte by hom gaan koop want die pryse was goed en die vrugtes en groentes vars. Boonop het hy geweet van vrouens en blomme!
My liefde vir blomme het maar eers laterig begin, maar beelde van blomme kom sover as van Ouma se tyd; haar bottel Lavender reukwater op die spieëlkas, Oupa se liefde vir Tchaikovsky se blommewals en die oorvertel-droomverhale van hoe lief hulle was om te gaan dans…
Ma se liefde vir haar blomtuin was my grootword erfenis. Om deur haar tuin te stap is soos ‘n wandeling in die paradys; sag, natuurlik - spreek van liefdevolle versorging en gesonde gelukkige blomme wat wuif en dans in die musiek van die wind. Blomme word nie afgesny vir die huis nie, want dit neem hulle lewe weg, so glo sy.
So anders as die Engelse tannie by wie Jasper, ‘n universiteitsvriend loseer het. Soggens is die rose uit die tuin voor die huis gepluk om smaakvol iewers in die huis te pronk. Sy het ook nie geglo aan ou koek nie. Daar was elke dag vars gebakte koek in die huis. Sondaemiddae het ons tee gedrink uit die mooi servies, tee in ‘n pot en varsgebakte koek geëet in die sitkamer met die rose.
Ek onthou ons Windhoekdae van tuisgemaakte potpourie met ou pienk rose uit die tuin, geparste blomme in die handgemaakte pres vir kaartjies, tuisgemaakte roosblaarkonfyt en Sus se bottel lavendar sugar vir ‘n lekker koppie tee. Trosse rooi en pers bouganvillia bars oor ‘n ou draadheining in die witsand woestyn van Oshakati, in die noorde van Ovamboland. Ons grawe klein woestynrosies uit die Namibduine by Swakopmund, iets soos uit ‘n oertyd se mooi, en dan die geur van Jasmyn…. ‘n Vriendin het ‘n tros Jasmyn uit haar tuin gepluk om ons seun se koms te vier in die hospitaal in Windhoek.
Die Oos-Kaap se blomherinneringe is wyd soos die stil vlaktes van Namakwaland waar die Here se saadsakkie geskeur het en die veld oopbars met blommeprag na die reën. Ou oom Jenniker se seun met die alkoholprobleem wat altyd ‘n bos varsgeplukte wit varkore uit die vlei te koop aanbied vir ‘n ekstra geldjie …Wes-Kaapse wynlande met ‘n roosboom aan die punt van elke ry – gee haar ‘n roos en goeie wyn!
Hier het tulpe ‘n spesiale plekkie in die album van blomme. In Amsterdam het ons as Afrika-studente dikwels met ‘n paar oorskiet Gulde in die hand, ‘n tulp of twee gekoop by die kraampie op die hoek. Ons was ryk en spesiaal. Keukenhof, Nederland se tulpeparadys, was ‘n moet maar ‘n gesonde-oordosis vir die sintuie.
Blue Bell tyd in die Sonnewoud in België herinner aan ‘n skilder wat sy blou verfkwas deur die bos getrek het. Lente is hier!
Maar die lekkerste nog?
Wanneer hy voor my staan met ‘n bos rose en tierlelies.