21-09-2004, 04:17 PM
Ek het pas die jaarlikse marteltog wat jou tot in die afgrond
verneder,
agter die rug. Ons praat hier van Swembroek Koop. Toe ek'n kind was,
was
baaibroeke vir grootmens-tannies spesiaal ontwerp vir vroue met 'n
volwasse
lyf. Met al die braleine, ondersteuning en versterking was dit eintlik
meer
ingenieurswonders as
kledingstukke. Hulle moes als bymekaar hou en oplig, en dit het
gewérk.
Vandag se swembroeke van rek-lap is eintlik bedoel vir meisiekinders
wat
nog nie hul puberteit bereik het nie, en wie se lyfies lyk of dit
fyntjies
uit marmer gebeitel is. Vroue met volwasse lywe het nie juis 'n keuse
nie.
Hulle moet by die kraamklere-afdeling gaan toustaan en geblomde
rompe aanpas sodat hul kan lyk soos die seekoeie in Walt Disney se
"Fantasia". So nie moet hulle maar by die rakke met gewone swembroeke
rondsnuffel en kyk watter van die stukkies rubberrek in glimkleure
hulle
die minste sleg pas.
Wat kon ek doen? Ek het maar rondgesnuffel. Ek het een uitgekies en in
die
martelhokkie, ook bekend as die aanpaskamer, verdwyn. Wat my eerste oor
die
baaibroek opgeval het, was die ongelooflike treksterkte van die
rekmateriaal. Ek dink die Lycra wat in swemklere gebruik word, is deur
NASA
ontwikkel om klein vuurpyle met ketties te lanseer. Die bonus is dat
as jy
jou lyf in 'n Lycra-baaibroek kan inwurm, dit sommer ook jou organe
teen
'n haai-aanval beskerm: enige haai wat dom genoeg is om aan jou
middellyf
te probeer hap se kakebeen sal deur die terugspringaksie afgeruk word.
Ek het my in die eerste swembroek ingewurg, maar toe ek die laaste
klein
skouerband oorhaak, skrik ek my boeglam. My boesems was skoonveld! Ek
kry
toe eindelik die een, onder my linkerarmholte. Na 'n rukkie toe kom ek
ook
op die ander een af: platgedruk teen my sewende ribbebeen. Dis oor
vandag
se swembroeke nie 'n ingeboude bra het nie. Die volwasse vrou is
veronderstel om haar borste oor haar borskas uit te sprei tot dit soos
'n
spoedwal lyk. Ek het my spoedwal gerangskik en weer in die spieël
gekyk.
Die swembroek het gepas. Maar ongelukkig het dit net dié dele van my
gepas
wat bereid was om binne te bly. Die res van my het oral uitgepeul. Ek
het
gelyk soos 'n stuk klei wat in 'n te klein vel kleefplastiek toegedraai
is.
Toe ek nog so staan en wonder waar al my ekstra dele dan vandaan kom,
het
die verkoopvrou om die gordyn kom loer:"O, daar's julle almal." "Ja,
dis
almal ek," het ek geantwoord terwyl ek my ekstra dele so bekyk. "Het
julle
nog iets wat ek kan aanpas?"
Ek het so 'n roomkleurige een van gekreukelde materiaal aangepas. Dit
het
my soos ontwerperskleefband laat lyk. 'n Geblomde tweestuk het my soos
'n
oorgroot servet in 'n servetring laat lyk. In die
luiperdpatroon-eenstuk
met die valletjiesrand het ek
gelyk soos Tarzan wat met die verkeerde voet uit die bed geklim het.
Die
deftige swart baaibroek met die middellyf van netmateriaal het my laat
lyk
soos 'n jellievis wat rou. En die pienke? Sy bene was so hoog gesny dat
ek
my wenkbroue met was sou moes verwyder as ek dit wou dra!
Uiteindelik het ek een gekry wat pas. 'n Tweestuk met 'n
kortbroek-styl
onderste en 'n halternektop. Dit was goedkoop, gemaklik en het mooi
gemaak
met my knoppe en bulte. Ek het dit gekoop. By die huis het ek die
etiket
gelees: "Materiaal kan deurskynend raak in water." Maar dra gaan ek
dit
dra. Ek moet net eers leer hoe om op droë grond borsslag te swem!!