Thread Rating:
  • 0 Vote(s) - 0 Average
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
Goeie Raad - hoe om jonk te bly
#1
[COLOR="DarkOrchid"]
1. Probeer alles tweekeer
'n Grafskrif het gelui:
"Tried everything twice...loved it both times!"

2. Behou blymoedige vriende
Die suurknol trek jou onder.
(Onthou as jy daardie suurknol is!)

3. Hou aan leer..
Leer meer oor rekenaars, handwerk, tuinwerk, enigiets.
Moet nooit toelaat dat jou brein ledig is nie.
"Ledigheid is die duiwel se oorkussing"
En die duiwel se naam is Alzheimer's!

4. Geniet die eenvoudige dinge.

5. Lag dikwels, lag lank en lekker.
Lag tot jy na asem snak!
En as jy 'n vriend het wat jou laat lag,
verwyl jou tyd met haar/hom.

6. Trane kom.
Verduur dit, treur daaroor, en beweeg dan aan.
Die enigste mens wat ALTYD, regdeur jou lewe by jou is, is jyself.
LEWE terwyl jy die lewe het.

7. Omring jouself met dit wat jy liefhet,
Of dit nou familie, troeteldiere, opgaargoed, musiek, plante, of stokperdjies is.
Jou huis is jou skuiling.

8. Bewaar jou gesondheid:
As dit goed is, pas dit op,
As dit wipplank ry, verbeter dit,
As jy dit nie meer kan verbeter nie, kry hulp.

9. Moenie op loop gaan met skuldgevoelens nie.
Loop in die winkels rond, loop in jou tuin, loop in jou land,
Loop in ander lande,
maar moet nooit op loop gaan oor ou skuldgevoelens nie.

10. Sê vir jou mense dat jy vir hulle lief is by elke moontlike geleentheid!

:hartlik: :daisy: :hartlik: :daisy: :hartlik:
[/COLOR]
Reply
#2
Dankie - ware woorde
Reply


Forum Jump:


Users browsing this thread: 1 Guest(s)