Thread Rating:
  • 0 Vote(s) - 0 Average
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
Gee tyd weg
#1
As jy ernstig is oor jou verhouding met God, dan moet jy vandag een van jou kosbaarste besittings aan Hom gee: JOU TYD! Meeste Christene dink nie hieraan as hulle dinge op die Here se altaar neersit nie. Hulle bring hulle besittings, geld, eie wil, en .n klompie ander dinge, maar min mense bemaak ooit hulle dagprogramme aan die Here!

Om 'n kragtige Christelike lewe te leef, moet jy jou horlosie, jou dagboek en jou jaarprogram in die Here se hande sit. Jy moet leer om jou tyd te sinkroniseer met die Here S'n, anders mors jy jou tyd op die verkeerde goed. Praktiese geloof is wanneer jy elke oggend jou dagboek vir die Here gee sodat Hy sy hemelse prioriteite bo-oor al joune kan inskryf met hemelse ink. Jou geloof werk wanneer jy hierdie wegggee-oefening dag na dag, jaar in en jaar uit, herhaal.

'Moenie jou tyd mors nie. Maak die beste gebruik van elke geleentheid wat jy kry, want ons leef in moeilike en slegte tye' (Efesiërs 5:16). Tyd is kosbaar. Elke dag wat jy deur jou vingers laat glip om saam met God te wandel, is 'n verlore kans; 'n dag wat jy agteruit groei.



Stephan Joubert

http://www.ekerk.co.za
http://www.echurch.co.za
Reply
#2
Pronkertjie Wrote:As jy ernstig is oor jou verhouding met God, dan moet jy vandag een van jou kosbaarste besittings aan Hom gee: JOU TYD! Meeste Christene dink nie hieraan as hulle dinge op die Here se altaar neersit nie. Hulle bring hulle besittings, geld, eie wil, en .n klompie ander dinge, maar min mense bemaak ooit hulle dagprogramme aan die Here!

Om 'n kragtige Christelike lewe te leef, moet jy jou horlosie, jou dagboek en jou jaarprogram in die Here se hande sit. Jy moet leer om jou tyd te sinkroniseer met die Here S'n, anders mors jy jou tyd op die verkeerde goed. Praktiese geloof is wanneer jy elke oggend jou dagboek vir die Here gee sodat Hy sy hemelse prioriteite bo-oor al joune kan inskryf met hemelse ink. Jou geloof werk wanneer jy hierdie wegggee-oefening dag na dag, jaar in en jaar uit, herhaal.

'Moenie jou tyd mors nie. Maak die beste gebruik van elke geleentheid wat jy kry, want ons leef in moeilike en slegte tye' (Efesiërs 5:16). Tyd is kosbaar. Elke dag wat jy deur jou vingers laat glip om saam met God te wandel, is 'n verlore kans; 'n dag wat jy agteruit groei.



Stephan Joubert

http://www.ekerk.co.za
http://www.echurch.co.za
Ek vind die stukkies van e-kerk baie sinvol en hoop dat meer mense sal inskryf daarop.
Reply


Forum Jump:


Users browsing this thread: 1 Guest(s)