Thread Rating:
  • 0 Vote(s) - 0 Average
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
Is jy 'n tekort-kommer?
#1
Eenvoud is die vreugde van die lewe. So sing Jannie du Toit. Hoe waar is dit nie. Eenvoud is om vreugde uit ‘n stukkie brood saam met ‘n goeie vriend of ‘n familielid te breek. Dis om saam met jou kinders ‘n bal rond te skop. Of om saam met jou familie ‘n stukkie eenkant tyd deur te bring. En om vir die Here dankie te sê vir die gawe van elke nuwe dag. Eenvoud is om tevrede te wees. Dis om saam met Psalm 23 te sê: “Die Here is my Herder. Ek kom niks kort nie!”



Terloops, wat kom jy nog alles kort? Geld? ‘n Beter motor? Ander werksomstandighede? Wel, as jy ‘n tekort-kommer is, sal jy jou hele lewe lank iets kort kom. Dan is die nuwe motor nie genoeg nie. Eers as jy een met ‘n sondak en leersitplekke het, sal jy tevrede wees. Of as jou nuwe oefenfiets soos die bure s’n lyk. As jy ‘n tekort-kommer is, sal daar altyd iewers nog iets wees wat jy nodig het. Dan sal jy altyd te kort skiet. Maar as jy die Here as jou Herder ken, dan kom jy niks kort nie. Regtig!!!! Dan het jy genoeg.... te veel!


Ek het die kort boodksappie so geniet van die e-kerk - hoe waar is dit nie!!
Reply
#2
Stem saam, dis waar. Ons kla te graag en wil net meer en meer hê en is nie dankbaar vir wat ons reeds het nie.
Lewe eenvoudiger en bou eerder aan herinneringe! :cheer:
Reply


Forum Jump:


Users browsing this thread: 1 Guest(s)