11-02-2006, 05:37 PM
Rustig reflekteer ons oor die pas afgelope jaar – 2005 .....
Dan tref dit my, ... die tsunami-beelde golf weer angswekkend oor my en bruis die jaar in... ons sit nog steeds op die planke en rommel op die voortstuwende swart waters...dit het nog nie tot stilstand gekom nie...ons kan nog nie die skade bereken nie...Maar dat iets groots gebeur het, is al wat ons weet!
Baie het getuig van die trilling van die aardbewing, sommige het op die strand gestap met die water wat so ver teruggetrek het – vreemd?; en toe die golf wat vinnig, te vinnig nader gebruis het ... te laat die besef van iets geweldigs
En so het ons ook die tekens gelees, daarmee saamgeleef, dag vir dag, maar nie werklik besef wat dit was totdat die golf ons meegesleur het met verdrinkende en verminkende spoed nie
Na 4 jaar in ’n nuwe kultuur, met ’n tiener – toe 13 en nou 17, het ons saam gestrompel-stap om “self†te vind met aanpassing, altyd die een wees wat anders is en anders praat - die uitlander; verborge, onuitgesproke pyn uitgedruk in agressie gedra in rebelse klere en agressiewe musiek; gsm’s, smsse, msn’s en chat rooms, die enigste belangstelling; blootgestel aan nuwe opwindende/angswekkende vryhede van ’n sosiale tienerkultuur sonder grense – saam rook, drink en deurnag fuif; die “kick†van betree en neem sonder om uitgevang te word; die knaende irriterende gehaper van skool, huiswerk en simpel reëls; samelewingreëls en riglyne van respek; uitbreek, alles probeer en pynlike gevolge dra ...
Te midde van ons eie stryd in aanpassing, oorlewing, elke dag jou vlieër in die wind gooi al voel dit soos vlieër vlieg onder die sitkamermat... Die stryd tussen meer vryheid gee en tog nog riglyne ... Die ewige, verwarrende stryd tussen genade en die wet ..., reputasie en vernedering...boeke wat sê, een plus een wat nie twee is nie...
Die oproep van die hospitaal was die aardbewing – die begin van iets groters wat sou volg!
Dan tref die golf ons net voor Kersfees met die polisie wat aan ons deur klop met vrae ...
verklarings, nog vrae ....
Ek dink aan dié groepie eilandbewonders wat die natuurtekens gelees het – die eeu oue stryd tussen die see en die land, en berge toe gevlug het totdat die see se woede gaan lê het. Húlle het die verwoestende golf oorleef.
Hoekom kon óns nie die tekens lees nie?
Nou besef ons die tsunami het ons getref en ons dryf nog saam op die water, wag totdat dit tot stilstand kom om skade te kan bereken,
herkenbare stukke op te tel
weer van vooraf te begin
‘n Moskee het bly staan onder die vernietigende geweld
Die ander pad, te midde van sonskyn en tsunamies, bring ons in Sy teenwoordigheid.