Thread Rating:
  • 0 Vote(s) - 0 Average
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
Katriena en Mevrou.....
#1
'n Vriendin was onlangs in SA en bring toe twee boekies van Riana Scheepers saam. "Haai, Katriena -wat vertel jy my nou!" en "Katriena, nee!"

Katriena is die huishulp en sy het allerhande stories aan haar Mevrou te vertelle. Dit is kostelik en as jy lekker wil lag - sommer hardop wil lag - kry gerus die boekies.

Ek lees:
".... Ennyway, die man moes ok die dag die bybie oppas. En alles het goed gegaan totlat die kleintjie begin vaak word en honger en sy ma se tietie beginne soek. Toe begin die geskrou." :babyroll:

"Vertel my," se^ Mevrou, "ek weet alles daarvan af."
"Maar die bybie het nie te lank aangegaan nie."
"wat het die man gedoen?"
"Mevrou, toe die vrou by die huis kom, toe is alles tjoepstil en sy sien niemand nie. Sy kon haar ore nie glo nie, want sy het gedink sy sal hom al 'n blok ver van die huis hoor skrou. Toe stap sy suutjies die huis in en die gan af, en wat sal sy sien?"
"Ja wat?" vra Mevrou.
"Daar le die man en die bybie altwee op die bed, vas aan die slaap soos twee engele uit die hemel. En toe sien die vrou wat die man gemaak het."
"Wat Katriena?"
"Hy het 'n blik ondens uit die spens gaan haal, Mevrou, sy hemp uitgetek en sy twee manstieties dik met die kons gesmeer. Toe't hy die kleintjie lat proe aan die gedoente, en soos die kleintjie die kondes van die een kant afsuig, sorg hy dat die anner kant alweer kondens ophet. So het die bybie aan die man se kondenstieties gesuig totlat hy vanself aan die slaap geraak het. Toe die vrou hulle kry, slaap hulle vas, en die lakens is die ene kondens."

:haha:
Reply


Forum Jump:


Users browsing this thread: 1 Guest(s)