Thread Rating:
  • 0 Vote(s) - 0 Average
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
Kinder menings oor die huwelik
#1
Hoe besluit jy met wie om te trou?
Jy moet iemand soek wat van dieselfde goed as jy hou. Soos bv. as jy van
sport hou moet sy daarvan hou dat jy van sport hou en die chips en dip bly
aandra.


Geen mens besluit regtig voor hulle groot is met wie om te trou nie. God
besluit dit lank voor die tyd, en jy vind eers later uit met wie jy sit.


Wat is die regte ouderdom om te trou?
Drie en twintig - want dan ken jy die persoon vir 'n ewigheid.


Geen ouderdom is 'n goeie ouderdom nie. Jy moet simpel wees om te trou


Hoe kan 'n vreemdeling getroude paartjies uitken?
Jy sal maar moet raai, maar kyk of hulle op dieselfde kinders skree.

Wat dink jy het jou ma en pa gemeen?
Nie een van hulle wil nog kinders he nie.

Wat doen meeste mense as hulle uitgaan?
Uitgaan is vir die plesier en mense moet dit gebruik om mekaar beter te
leer ken. Selfs seuns het iets om te se as jy lank genoeg luister.
As mense die eerste keer uitgaan vertel hulle vir mekaar 'n klomp leuens
wat hulle genoeg interesseer om weer uit te gaan.



Wat sal jy doen as jou eerste afspraak skeef loop?
Ek sal huistoe hardloop en maak of ek dood is. Die volgende dag sal ek al
die koerante bel om seker te maak dat hulle oor my skryf in die
doodsberigte.


Wanneer kan jy iemand soen?
As hulle ryk is.


Die wet se jy moet 18 wees en ek gaan nie daarmee stry nie.


Die reel se as jy iemand soen, dan moet jy met haar trou en kinders he. Dis
die regte ding om te doen.

Is dit beter om te trou of moet mens alleen bly?
Dis beter vir meisies om alleen te bly maar seuns het iemand nodig om agter
hulle aan te loop en skoon te maak.


Hoe sal die wereld anders wees as mense nie getrou het nie?
Daar sal verseker 'n klomp kinders wees wat verduidelikings vra.

Hoe sal jy 'n huwelik laat werk?
Vertel vir jou vrou dat sy mooi lyk al lyk sy soos 'n lorrie :haha:
Reply


Possibly Related Threads...
Thread Author Replies Views Last Post
  Die huwelik Pronkertjie 2 5,947 22-09-2004, 08:29 AM
Last Post: oe-la-la
  Kinder segoed! oe-la-la 1 6,233 15-09-2004, 11:08 PM
Last Post: Jangar

Forum Jump:


Users browsing this thread: 1 Guest(s)