Thread Rating:
  • 0 Vote(s) - 0 Average
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
Kleingeld
#1
Het julle geweet dat in Suid-Afrika was daar teen die middel van 2000 altesame 2 350 369 000 eensentmunte en 1 3330 885 000 tweesentmunte in omloop. Hulle totale waarde was R5,012 miljoen.

Sedert 1980 het die waarde van een sent gedaal tot 0,091 sent. Dit kos meer as die sigwaarde van hierdie munte om hulle te vervaardig. Verskeie lande het al hul kleinste munte aan sirkulasie ontrek, soos Australie, Finland, Japan, Nederland en Nieu-Seeland.

:daisy:
Reply
#2
En Denemark het hulle 1 en 2 øre ontrek voor 1980 en ek 'n cigar boks van hulle.... Sad

Weet nie vaneer huller die 5 en 10 øre ontrek het maar dit was tussen 1980 en 1997...
Reply
#3
In Suid Africa word 1 en 2 sent stukke nie meer gebruik nie. Die kleinste muntstuk is nou 'n 5 sent.
Reply
#4
Quote:Originally posted by sooibrand
In Suid Africa word 1 en 2 sent stukke nie meer gebruik nie. Die kleinste muntstuk is nou 'n 5 sent.


Dit is goeie nuus.

Dankie Sooibrand!

:daisy:
Reply
#5
Quote:Originally posted by sooibrand
In Suid Africa word 1 en 2 sent stukke nie meer gebruik nie. Die kleinste muntstuk is nou 'n 5 sent.

Dis mos al so vir 'n geruime tyd, of nie sooibrand?
Ek verbeel my dan dat Pick en Pay ook al 'n ruk die geld afrond na die naaste vyf sent.
Reply
#6
Pick en Pay doen al 'rounding' vir meer as jaar (hoop ek onthou reg) en die 1 en 2 sente is al vanaf verlede jaar ou nuus. Dit is net snaaks om te sien iets word nog steeds vir R???.99 geadverteer en dan as dit by betaal kom vra hulle net .95c of gee glad nie kleingeld nie - maak dit dan sommer R1
Reply
#7
Quote:Originally posted by sooibrand
Pick en Pay doen al 'rounding' vir meer as jaar (hoop ek onthou reg) en die 1 en 2 sente is al vanaf verlede jaar ou nuus. Dit is net snaaks om te sien iets word nog steeds vir R???.99 geadverteer en dan as dit by betaal kom vra hulle net .95c of gee glad nie kleingeld nie - maak dit dan sommer R1


In Holland het hulle ook net 'n 5 cent.... as dit 11c of 12c is betaal jy 10c, as dit 13c en 14c betaal jy 15c. Werk baie goed so.

:daisy:
Reply
#8
meeste winkels - Pick & Pay en Spar (die twee groot afdelings winkels in hierdie dorp) rond altyd die som af na die laer 5c bedrag. so al is dit 14c betaal jy nog steeds net die 10c of 19c dan 15c. Glo hulle maak dit op ander manier weer op.
Reply


Forum Jump:


Users browsing this thread: 1 Guest(s)