Thread Rating:
  • 0 Vote(s) - 0 Average
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
Landdros slaap glo in hof terwyl vrou getuienis gee
#1
Eintlik moet ek dit in die grappie forum plaas. :haha:


[COLOR="Purple"]
Delmas. – “Ek kon my oë nie glo nie. Daar staan ek in die hof onder kruisondervraging en die landdros sit en slaap.” :yikes:

Dit was die ervaring van mev. Anet Ruck van Sunshine Hoenderslagpale toe sy dié week as hoofstaatsgetuie in ’n veediefstalsaak getuig het.

Die saak gaan nou waarskynlik uitgegooi óf op herverhoor geneem moet word omdat mev. Raesetea Malahlela, die voorsittende beampte, na bewering tydens ’n veediefstalverhoor aan die slaap geraak het.

Ruck het gister in ’n beëdigde verklaring by die hof hieroor gekla.

Volgens Ruck het sy eergister in ’n saak getuig waarin die beskuldigde vir diefstal aangekla is nadat hy twee varke by haar buurman probeer steel het.

“Ek was nog nooit in my lewe in ’n hof nie en was baie senuweeagtig.

“Eers was ek verstom om te sien die landdros sit op die bank en kougom kou.

“Elke nou en dan het ek ’n klapgeluid gehoor as sy die borrel wat sy daarmee blaas, laat bars het.

“Dit was baie steurend. Toe die beskuldigde my begin kruisondervra, het ek gemerk die landdros sit met haar kop agteroor teen die stoel se rugleuning. Sy was vas aan die slaap.”

Vir die sowat 15 min. wat Ruck kruisondervra is, sê sy, het die landdros die heeltyd geslaap.

Ruck sê die tolk het later probeer om die Malahlela wakker te kry deur hard “edelagbare” te roep, maar dit het nie gewerk nie.

Die staatsaanklaer het toe opgestaan en hard met haar gepraat.

“Die hele hof het uitgebars van die lag toe die landdros skielik wakker skrik.

“Sy het net verleë geglimlag en haar oë uitgevee.

“Toe verdaag sy die hof en sê dis teetyd,” het Ruck vertel.

Malahlela kon nie gister vir kommentaar opgespoor word nie.

Mev. Adel Viljoen, die hooflanddros, het bevestig dat die saak by haar aangemeld is, maar wou geen kommentaar lewer nie.

Sy het alle navrae na mnr. David Ngobeni, provinsiale hooflanddros in Nelspruit, verwys.

Ngobeni was gister by ’n vergadering in Pretoria en het nie op boodskappe van Beeld gereageer nie.

Beeld het ook betroubaar vasgestel dat dit nie die eerste keer is dat Malahlela oor haar slapery by die werk verkla word nie.

Sy is glo twee keer, onder meer in Desember 2006, betrap waar sy op die vloer agter die lessenaar in haar kantoor geslaap het. [/COLOR]

Bron: Die Beeld
Reply
#2
Miskine moet sy haar bloedsuiker laat toets!!
Reply


Possibly Related Threads...
Thread Author Replies Views Last Post
  Vinnige getuienis Surita 5 4,458 11-02-2005, 04:09 PM
Last Post: oe-la-la
  'n Vrou oe-la-la 0 3,364 Less than 1 minute ago
Last Post:

Forum Jump:


Users browsing this thread: 1 Guest(s)