Thread Rating:
  • 0 Vote(s) - 0 Average
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
Lewensraad
#1
As jy nie kan spel nie, help dit nogal om lelik te skryf.

Leer uit ander se foute.
'n Mens leef nie lank genoeg om al die foute self te maak nie.

Waar daar 'n wil is, is daar 'n wil nie.

As die skoen jou pas, is hy nie op die uitverkoping nie.

'n Seun moet jy nes 'n skoen behandel.
As hy jou druk, trap hom uit!

Eet gesond. As jy elke dag gesond eet, sal jy gesond doodgaan Smile

Help om ons standbeelde skoon te hou.
Eet elke dag 'n duif.

Moenie uitstel nie!
Doen dit more.

Smile
Reply
#2
:haha: Baie oulik
Reply
#3
Dis goed! Cool
Reply
#4
Ek gaan dan maar moet begin om lelik te tik want partymaal laat my spelling my heeltemal in die steek.

Dankie tog vir spellcheck!!!
I still love chocolate.
Reply
#5
Quote:Originally posted by Surita
Ek gaan dan maar moet begin om lelik te tik want partymaal laat my spelling my heeltemal in die steek.

Dankie tog vir spellcheck!!!


Ja dis nogal 'n ding met die rekenaars deesdae...geen lelike skrywery nie!
Reply
#6
Quote:Originally posted by Pronkertjie

Eet gesond. As jy elke dag gesond eet, sal jy gesond doodgaan Smile

Help om ons standbeelde skoon te hou.
Eet elke dag 'n duif.


Smile


Gaan die twee dan sommer hand aan hand??


Sal baie mense moet kry om ons te kom help duiwe eet daar in Sedgefield..... die stoep moet altyd goed afgeskrop word...Wink
Reply
#7
Quote:Originally posted by Joan
Gaan die twee dan sommer hand aan hand??


Sal baie mense moet kry om ons te kom help duiwe eet daar in Sedgefield..... die stoep moet altyd goed afgeskrop word...Wink


...daai stoep moet maar liefs vuil bly - maar duiwe eet... yuck! Sick
Reply
#8
Quote:Originally posted by oe-la-la
...daai stoep moet maar liefs vuil bly - maar duiwe eet... yuck! Sick

Haai OLL, ek is seker daarvan onse Pronkertjie gaan die lekkerste duifpastei resepte opsoek....


:rofl: :rofl:

Smaak dalk soos hoender!

Daai duiwe by ons lyk omtrent soos kalkoene wat vlieg, sonder die lel onder die ken , natuurlik... sulke massiewe dik vet duiwe...
Reply
#9
My pa het a hele lys vissermans-tipe lewensraad gehad. Nie dat hy n visserman was nie, hy was net slim. n Paar wat ek kan onthou is:

Hou jou eie lyntjie dop.
Klein hoekies kannie grootes vang nie.
Sinkers dien ook n doel.
Vrot aas lok haaie.
Geduld is meer werd as tegniek
Dis nie jou skuld as jou hoek vassit nie.
Sny jou lyn. (Cut your ties)

ens.
Reply
#10
Ek het op Google vir 'n duif pastei resep gesoek, en toe kom ek op hierdie ongelooflike inligting af..... van Jan van Riebeeck se kombuis en meer. As jy meer wil weet van Seekoei frikkadelle is dit net vir jou... Smile

lees hier

Geniet dit!

:daisy:
Reply


Forum Jump:


Users browsing this thread: 1 Guest(s)