19-05-2007, 11:11 AM
[COLOR="Blue"]Beeld-deurloop
Cecile Celliers
Paducah 2007, skryf Ina le Roux vir my, was toe 'n uitsonderlike ervaring.
Paducah is in Kentucky in die VSA en daar word jaarliks 'n handwerkfees gehou waar deelnemers van dwarsoor die wêreld hul ware kan uitstal en verkoop. Le Roux, sy wat die Venda-vroue aangemoedig het om hul volksverhale met die naald te vertel, om dan daardie vierkante borduurwerk tot gesogte kwilte te verwerk, gaan die afgelope drie jaar al fees toe en sy vind 'n goeie inkomstebron vir haar Venda-projekte, asook uitstekende reklame.
Met vier swaar tasse kom Ina in Memphis by die doeane aan. Sy is nie bekommerd toe hulle haar beveel om die tasse oop te maak nie. In die verlede het hulle altyd net gesê: "South Africa is a free partner with the USA."
Maar daardie aand roep hulle uit een mond verontwaardig uit: "Textiles!"
En konfiskeer terstond die lot.
Ina praat mooi, sy huil, maar hulle vat haar tasse af. En onder haar gee die aarde pad. Die Venda-vroue se pragtige handewerk is van haar weggeneem en sy het 'n groot stalletjie en drie tafels waar goedere verkoop moet word, en sy het niks om te verkoop nie. Om van die reuse-verlies van inkomste nie eens te praat nie.
Toe sy sonder tasse in Paducah aankom, wag die eerste oproep van belangstelling reeds op haar en toe sy vir Jean Orr terugskakel, lê die trane baie vlak. "Ek het jou verlede jaar ontmoet," sê Jean, "en ek wil jou graag by die stalletjie kom help. Ek ry van my huis in Indianapolis af oor."
Ina beduie onder trane dat sy geen goedere vir die stalletjie het nie, want alles lê by die doeane. "Don't worry," sê Jean Orr, "I'll see you tomorrow."
Jean kan maklik praat, dink Ina, en maak die hele nag nie 'n oog toe nie van pure worry.
Die volgende oggend begin sy lang en ingewikkelde telefoniese onderhandelinge met die doeane en haar agente, maar dit lyk nie baie hoopvol nie.
Teen die middag hamer iemand teen haar hotelkamerdeur. Daar staan Jean, sopnat gesweet en flou gespook.
Kom help, beveel sy, en uit haar vragmotortjie laai hulle sak op sak goed om in Ina se stalletjie uit te pak X tafeldoeke uit Ecuador, serpe en geweefde goed van Guetamala, molas uit Sentraal-Amerika, alpakka-komberse, te veel om op te noem. Ina is sonder woorde, meer nog toe Jean sê: "Take all this, I'll help you sell it and you take the money for your charity. And as soon as customs release your merchandise, I'll sell that too . . ."
Blyk toe Jean is 'n jong afge-trede narkotiseur wat haar plesier daarin vind om liefdadigheidsorganisasies te help. En vir Ina word dit 'n wonderlike Paducah.
Maar nog is het einde niet.
Toe sy op vertrek staan, pak Jean Ina se nou leë tasse vol speelgoed klere en vitamiene vir die kinders van Venda.
Oor twee weke, skryf Ina, gaan sy alles daar aflaai, wil ek saam?
Dis vandag Hemelvaart. Toe Christus opgevaar het, skryf Paulus aan die Efesiërs, het Hy sy krygsgevangenes saamgeneem en gawes aan die mense gegee. Daardie gevangenes, het ek in 'n preek gehoor, was die engele wat finaal saam met Hom hemel toe is. Die gawes wat uitgedeel is, is sodat ons as mense engele kan wees vir mekaar.
Ina het dit ervaar.
[/COLOR]