Thread Rating:
  • 0 Vote(s) - 0 Average
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
Moet dit nie langer vat nie!
#1

Moet dit nie langer vat nie!

Moeilikheid! Ons almal ken dit. Een of ander tyd ervaar ons dit in ons eie lewe. Dikwels is dit ons beste vriend vir veels te lank. Wel, hou op om dit te vat. Ten minste: moenie ’n moeilikheid-slagoffer wees nie. Moenie in daardie “kry-my-tog-jammer” houding verval nie. Sorg dat die immergroen temalied van baie mense se lewe: “Niemand se lot is so swaar soos myne nie” nooit op jou lippe gehoor word nie.

Kies om jou moeilikheid reg te hanteer. Gaan bespreek dit gereeld met God. Bid! Soek sy aangesig totdat Hy die hemel bokant jou oopmaak. Moenie sy hand los as jy deur die donker stap nie. Volhard enduit. Aan die einde van elke moeilikheid wag daar ‘n groen weiveld. So leer Psalm 23 my. Moeilikheid is eintlik maar net die kort pad, die regte pad onderweg soontoe. Gelukkig loop die Herder van my lewe saam deur die moeilikheid op soek na beter weivelde vir my lewe.

Maak dit vir jou moeilikhede van vandag af bitter moeilik om jou geluk te steel. Sorg dat jy sy aan sy met die goeie Herder, Jesus Christus, stap. Hy is groter as elke moeilikheid. Sy voetspore sien jy altyd bo-op jou probleme. Loop juis daar saam met Hom!


Vrede

Stephan Joubert

http://www.ekerk.co.za
http://www.echurch.co.za
Reply


Possibly Related Threads...
Thread Author Replies Views Last Post
  Moet asb. nie terugpraat nie hantam 0 3,220 Less than 1 minute ago
Last Post:

Forum Jump:


Users browsing this thread: 1 Guest(s)