14-10-2007, 08:50 AM
[COLOR="Purple"]Cecile Cilliers
Vandag is die lug grou. Ná gister se milddadige son, lê die mis vanoggend tussen die bome; voor die middag sal daar waarskynlik ’n bui of twee val.
Gister het ons weer in Longwood Gardens gaan stap. Bedag op die komende ryp is die somerbeddings met meer geharde plante vervang, almal vol in die blom. Iewers in hierdie uitgestrekte tuine moet daar beddings vol plante wees waaruit blomme in die blom oorgeplant word om hierdie ongelooflike palet van kleur te kan skep.
Dit kort ’n begaafde tuinier met ’n kunstenaarsoog om hierdie weelde van kleur te beplan, iemand wat weet hoe en wanneer alles blom, wat beddings kan laat bemes en genoeg saadjies kan plant, maar dit is vrywilligers wat inspring en plant: pienk en pers en silwer in een hoek, geel en oranje en brons in ’n ander.
Lang bane van kleur in bekende en onbekende blomme, ’n kleurespel wat die asem wegslaan.
Gister was die son loom, koesterend, die weer bykans perfek.
In Longwood is die bome aan die verkleur, in die weelderige bos hier agter die huis ook. Tuis het ons tot laatmiddag buite op die stoep gesit, half weemoedig gekyk hoedat die eerste rooi en geel blare van die bome afdwarrel. Dis ’n tyd van afskeid, van die somer en van die son.
Vandag is dit grou. Verlede week nog het ek gekyk hoe groepe spreeus skreeuend uit die boomtoppe vlug terwyl ’n groot valk dreigend bly draai; vandag roep net die ganse buite in die grys, besig om voor te berei vir die lang tog suidwaarts. Kol-kol vorm hulle reeds klaend die groot, kenmerkende V’s teen die lug.
Ten spyte van die grys, is herfs hier ’n tyd van roekelose kleur.
Op deure oral verskyn daar kranse in die kleure van die seisoen, helder, uitdagende stellings van rooi en geel en bruin teen die koue wat kom. Potte vol klein krisantjies word langs posbusse en voordeure neergesit, helder-oranje pampoene daarby. In die fall word traag afskeid geneem van die lang somer, maar met ’n laaste, triomfantelike uitroep van kleur, die bome die uitroeptekens.
Herfs is appeltyd, en in die winkels en plaasstalletjies is daar ’n verskeidenheid kleure en geure. Jonathan, McIntosh, Rome Beauty, Stayman, York – die kleure wissel van liggeel en pienk tot groen met vlamrooi wange.
Sit op die groen tafel neer, het Amalie gesê, en in die geverfde blad word die wit keramiekbak met sy vrag rooi en groen appels weerkaats.
Op die eetkamertafel staan ’n glasbak vol clementines soos hulle dit hier noem. Maar ons weet dis nartjies. Ek staan in die kombuis, kyk deur die ruit hoe die bome rooi fakkels van kleur teen die grou lug brand, en eet ’n nartjie.
Ek het die vrug uit die feitlik heel fel-oranje skil getel, en staan nou die wit netvliesies af te trek, puntenerige werk wat die uiteindelike vreugde van die eet nog ’n rukkie uitstel. Toe val my oog op die leë kartonkissie: Mouton se nartjies, lees ek. Citrusdal, Suid-Afrika.
En skielik brand my hart van verlange na my land.
Dit was ’n lang reis, en elke oomblik het sy eie vreugdes opgelewer, maar hier het dit herfs geword, ’n tyd van afskeid.
En in die Boland is dit nou Oktobermaand.[/COLOR]
Beeld-deurloop