Thread Rating:
  • 0 Vote(s) - 0 Average
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
Nuwe aanmelding
#1
gedog ek kyk bietjie rond op die net vir Suid-Afrikaners en toe op die site geeindig. Nie sleg nie!!

Is in Switserland doenig sedert 2000, het nou die dag 'n Afrikaanssprekende groep toeriste in die stad gesien en gehoor. Toe besluit ek om te sien wat ander Suid-Afrikaners so hier in die verre doen.

Sal so nou en dan darem inloer!

Groete uit 'n half-sonnige, bittere koue, witgesneeude Switserland.
:thumbs:
Reply
#2
Baie welkom SA_Swiss!

Hoop ons sien jou sommer baie hier by die Afrikaanse draadjie. Vertel ons wie jy is en wat jy in Switzerland doen.

Ek kuier op die oomblik in sonnige Suid Afrika!

:yes:
Reply
#3
Welkom hier SA_Swiss!

Ons kuier sommer lekker hond-uit-'n-bos uit, lag en huil saam hier op die buzz! So praat saam, ons sien uit daarna!

Oe :lovef:
Reply
#4
Dankie, voel amper tuis!

Het egter nie altyd genoeg tyd om te verwyl nie. Probeer tussen werksessies hier te 'surf'

Soos in my profiel gese, is ek sedert 2000 in Switserland, bly in 'n dorp aangrensend aan Basel (waar Duitsland, Frankryk en Switserland bymekaarkom). 'n Tipiese Switserse kleindorp is dit nie juis nie, maar een van die oudste in die land. Grens direk aan Frankryk en loop gereeld met die hond deur die woud en dan is ek op Franse bodem! Minder as 5 minute weg.

Is onlangs geskei - na 14 jaar huwelik - vrou en kinders terug na SA en so begin ek 'n lewe weer van vooraf aan. Het egter genoeg ander dinge wat my besig hou, al is die gemis bitter sleg!

Gaan ski graag, alhoewel ek glad nie goed is nie, doen mountain biking af en toe, draf gereeld met die hond ('n Switserse berghond) in die woude en heuwels, veg hard vir die besigheid tussendeur en geniet elke dag soos hy kom!

Dis omtrent soveel as wat ek nou kan vertel, as meer wil weet, stuur maar PM...
Reply
#5
Hi SA_Swiss... dankie vir nuus oor jou self. Ek is skoon jaloers oor daar die heuwels en woude waarin jy kan rond (hardl)loop! Kyk nou na die winter spele en is maar bly dat ek nie in die sneeu is nie. Dit is heerlik warm in SA - maar bietjie nat na baie reen!!




SA_Swiss Wrote:Dankie, voel amper tuis!

Het egter nie altyd genoeg tyd om te verwyl nie. Probeer tussen werksessies hier te 'surf'

Soos in my profiel gese, is ek sedert 2000 in Switserland, bly in 'n dorp aangrensend aan Basel (waar Duitsland, Frankryk en Switserland bymekaarkom). 'n Tipiese Switserse kleindorp is dit nie juis nie, maar een van die oudste in die land. Grens direk aan Frankryk en loop gereeld met die hond deur die woud en dan is ek op Franse bodem! Minder as 5 minute weg.

Is onlangs geskei - na 14 jaar huwelik - vrou en kinders terug na SA en so begin ek 'n lewe weer van vooraf aan. Het egter genoeg ander dinge wat my besig hou, al is die gemis bitter sleg!

Gaan ski graag, alhoewel ek glad nie goed is nie, doen mountain biking af en toe, draf gereeld met die hond ('n Switserse berghond) in die woude en heuwels, veg hard vir die besigheid tussendeur en geniet elke dag soos hy kom!

Dis omtrent soveel as wat ek nou kan vertel, as meer wil weet, stuur maar PM...
Reply
#6
Pronkertjie Wrote:Hi SA_Swiss... dankie vir nuus oor jou self. Ek is skoon jaloers oor daar die heuwels en woude waarin jy kan rond (hardl)loop! Kyk nou na die winter spele en is maar bly dat ek nie in die sneeu is nie. Dit is heerlik warm in SA - maar bietjie nat na baie reen!!

ja, die sneeu is natuurlik spesiaal en as 'n mens so regtig wil gaan ski, is die naaste plek sowat 'n uur weg. Was juis Sondag vir die dag in die Swartwoud (in Duitsland) en het die sneeu en die son lekker geniet - teen minus 12 grade! Lyf is 'n bietjie seer, maar dis 'n klein prys om te betaal Smile

Geniet maar die reen en warm weer!
Reply
#7
SA_Swiss Wrote:Geniet maar die reen en warm weer!

Vandag is dit darem net te warm!!!

Was saam met skoonsus dorp toe, maar ai jai jai.... die Confusedunny: ons het uitgebraai!!
Reply


Possibly Related Threads...
Thread Author Replies Views Last Post
  'n Hele nuwe wereld... Surita 2 4,135 29-07-2006, 07:24 PM
Last Post: Pronkertjie
  Plotseling kry menseheugenis nuwe dimensie Pronkertjie 3 4,733 29-05-2005, 07:33 PM
Last Post: Joan

Forum Jump:


Users browsing this thread: 1 Guest(s)