22-10-2005, 02:40 PM
Tot die honde in België is anders as in Suid-Afrika, sê manlief na sy eerste besoek aan België. Nou hoe so, wou ek weet, want hond bly hond – as jy nie sy baas is nie, blaf hy vir jou en wys selfs tande, en as jy nie oppas nie, word jy ‘n happie….. Nee, sê hy, hulle is nie so aggressief soos ons honde nie – hardloop glo in die parke en speel met mekaar asof hulle ou vrinne is! Ongelooflik!
En so was dit toe – soggens vroeg en laat-middag neem baas vir hond vir ‘n wandeling in die park en word voortgebou op hondevriendskappe – te bly om mekaar te sien nà‘n dag of nag in ‘n klein woonstelletjie.
‘n Petiterige baas met ‘n massiewe harige gedoende waarvan ‘n mens nie weet wat is voor en wat is agter nie; ‘n vaak, gaperige baas in ‘n sweetpak met ‘n brakkie wat naarstiglik net die regte boom uitsnuffel vir besigheid; ‘n mank ou madame en ewe ou mank-van-ouderdom brak oppad om ‘n broderige ietsie vir die duiwe in die park te gaan voer; windhond met sy amper-siek maer lyf, stert tussen die bene wag op sy baas wat gou ‘n rokie vang; en so kan ‘n mens aangaan – voorwaar ‘n kultuur op hul eie.
Maar almal het een ding in gemeen – ‘n halsband en tou wat so kan uittrek en terugtrek – afhangend van wat baas of hond wil. Goed gemanierd is dié honde wel – blaf nie sommer vir ons wat verby draf, besig met die oggend se oefening nie.
Daar is glo hondeskole waar die nodige maniere aangeleer kan word: moenie blaf nie, moenie spring nie, moenie byt nie, piepie op die lap! My vriendin wou haar hond na die hondesielkundige toe neem omdat dié glo iewers in sy sensitiewe siel ‘n afknou gekry het en nou alle gaste senu-agtig beblaf – en sy weet hoe dit voel om sensitief en depressief-onseker te wees. Of sy sover gekom het, weet ek nie. Met my het Paco vrede gemaak, maar met manlief wat buite-boerhonde gewoond is, loop hy draaie en knor – hierdie rowwe buitegees is net te erg vir dié sensitiewe binnegees!
Maar een ding het hierdie honde nog nie geleer nie, die verskil tussen die sypaadjie en die hondegrasperk - ‘n klein groen, goedonderhoude grasperk, afgekamp soos ‘n familiebegrafplaas. ‘n Bordjie van ‘n hond dui aan wie dit mag gebruik, maar verniet, honde of base het nog nie geleer lees nie…… Sypaadjies in Brussel is so gevaarlik soos ‘n landmynveld in niemandsland – jy voel om skoen en been te amputeer na so ‘n gladde, stinkende “myn-konfrontasie†- *****!!! Hondepoefsakkies is wel te koop in enige winkel, soos babdoeke - om Brussel skoon te hou….. (Nogals ‘n mooi sterk sakkie met ‘n lekkerruik geurtjie binne-in; baie handig vir Kirsty se weggooidoeke met ons besoek aan Suid-Afrika!)
Die ander dag met ‘n spesiale Kersete, kom hond toe ongenooid saam met bakkie kos, babamandjie, piepiedoek en al – besig om “gepottytrain†te word. Seker nog nie tafelmaniere geleer nie en drink toe lek-lek Kerskoeldrank saam met baas uit die glas.
(Ons hond het altyd sy eie kosbak en waterbak buite gehad wat sommer so onder die kraan in die tuin uitgewas word!!!)
Seker is daar tog aggressiewe honde, want loop ons noudie dag verby ‘n erfie – erg sterk omhyn met staal, ‘n stewige buitedeur en ‘n klokkie. Daarnaas ‘n bordjie met ‘n ernstige hond op:

Pas op
Loslopende Pitbull
Als die hond komt:
Plat op de grond gaan liggen en op hulp wachten.
Als er geen hulp komt:
STERKTEÂ…..