Thread Rating:
  • 0 Vote(s) - 0 Average
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
Roomysgeld
#1
'n Jong dame het eendag op die strand in Florida gelê en sonbaai toe daar 'n klein seuntjie in sy swembroek met 'n handdoek oor sy skouer na haar toe kom en vra:
"Tannie, glo Tannie in God?"
Sy was verbaas oor die vraag en antwoord: "Ja, maar waarom wil jy weet?"
Dadelik vra hy vir haar: "Tannie, gaan Tannie elke Sondag kerk toe?"
Weer het sy ja geantwoord. Toe vra hy: "Lees Tannie elke dag Bybel en bid Tannie elke dag?"
Sy het weer ja geantwoord, maar teen daardie tyd was sy al baie nuuskierig om te hoor waarom die klein seutjie vir haar al die vrae vra.
Ten einde laaste gee hy 'n groot sug van verligting en vra: "Tannie, sal Tannie asseblief vir my my roomysgeld hou, terwyl ek gaan swem?" :engel:
Reply
#2
:haha:

ag moeder
Reply


Forum Jump:


Users browsing this thread: 1 Guest(s)