Thread Rating:
  • 0 Vote(s) - 0 Average
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
Rugby beste Os en enigste Jakkals kwyt
#1
[COLOR="DarkGreen"]Blouwillemaandag: Die Beeld

Ek en my ou maters vertrek vanoggend uit Bloemfontein op die tweede been van ons landwye toer om ons “Red die Jakkals”-veldtog van stapel te stuur.

Die jakkals waarvan ons praat, is natuurlik nie daai klein diertjie met die mooi velletjie nie. Nee, dis onse Wit Jakkals waarvan ek praat.

Kyk, ’n onreg is ’n onreg en regstel sal ons hom regstel!

Ons gaan die volk mobiliseer soos Gandhi dit gedoen het.

In Bloem het ons ook sommer vir Os kom groet voordat hy terug plaas toe is en met ou vriende soos die Curriebeker gekuier.

Soos Dik Daan sê, om in een week jou beste os van alle tye en jou enigste jakkals te verloor, was amper vir ons gemoedere te veel.

’n Rugbyveld sonder Os daarop gaan vir ons ou volkie baie voel soos Tafelberg sonder die berg of die wildtuin sonder leeus.

Ons voel natuurlik dat Wit Jakkals eintlik glad nie weer hoef aansoek te gedoen het vir sy jop nie.

Wat presies moet nou skielik op sy CV staan wat nog nie daarop is nie, wil ons by die spul Einsteins van Saru weet.

O ja, hy’t nog nie soos ou Chessie die Poemas of soos Peynlike Meyer die Arende en Allesdaar Coetzee die Bokke se agterlyn afgerig nie, maar nou ja, daai ondervinding kan hy mos altyd later opdoen, of hoe?

In elk geval wil ons ook sommer terselfdertyd weet wie hierdie Saru-perde is, want onse piepols wéét nie.

Wie’t hulle gekies en hoekom húlle en wanneer gaan ons weer stem en hoekom mag onse gewone piepols nie vir rugbybase stem as ons vir politici mag stem nie? Of is rugbybase maar net belangriker as politici in hierdie ou landjie?

Op hierdie en vele ander vrae gaan ons by ons Krompêlle in die Kaap antwoorde soek voordat ons met die veldtog self begin. Onse president Thabo kan nou wel nie van Mugabe ontslae raak nie, maar Saru behoort mos nie ’n problem vir hom te wees nie, of hoe? Groot Paul sê hy wonder of Wit Jakkals nie dalk nou die ANC se president gaan word en Jacob Zuma die Bokafrigter nie. “Watch this space!”

Oom Johnny sit en koerantlees en soos sy gewoonte maar is, lees hy toe weer vir ons ietsie voor wat hy dink ons van kennis behoort te neem of wat van ons beter mense sal maak (amper soos Ouma Tinkie).

“ Het julle manne gesien die Amerikaanse gesondheidsowerhede waarsku dat die gebruik van Viagra tot doofheid kan lei?”

“Hoe sêêê?” vra Dik Daan met sy hand agter sy oor. Oom Johnny lig sy stem ’n paar desibelle: “Hulle sê pleks dat jou ore so groot soos dié van ’n tuinkabouter word, krimp hulle dat jy kompleet lyk soos ’n dowe katjie.

“Nee wat manne, die lewe is hard genoeg soos dit is, julle moet liewers maar bly by dit wat die natuur ons bied soos knoffel, spinasie of stysel. Haai julle, hoor julle wat ek sê?”

En toe lees hy ook vir ons van die oom in Montenegro wat met sy selfoon en al begrawe wou word. Sy familie vergeet toe om die simkaart in te sit en moet toe mooitjies die oom weer opgrawe!

Dik Daan sê as sy familie hom met sy selfoon begrawe, bly hy sommer hier en spook by hulle. “Hoe gaan jy ooit te ruste kom met daai ding in jou kis en in elk geval, hoeveel ‘air time’ dink julle koop ’n mens vir ’n dooie ou?”
[/COLOR]
Reply


Possibly Related Threads...
Thread Author Replies Views Last Post
  Afrikaans op sy beste oe-la-la 1 3,650 26-01-2005, 11:38 PM
Last Post: Jangar

Forum Jump:


Users browsing this thread: 1 Guest(s)