Thread Rating:
  • 0 Vote(s) - 0 Average
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
Sampioene
#1


Kampioen swam

So versot was die koninklikes van antieke Egipte oor hierdie kampioen swam dat die man op straat nie toegelaat is om daaraan te raak nie. Sampioene tel moontlik vandag nog onder ons gunsteling groente, maar eintlik is dit 'n swam wat dooie plante eet om aan die lewe te bly.

En gaan kies maar eerder jou sampioene by die plaaslike supermark. Net kundiges kan 'n sampioen in die veld pluk. 'n Verkeerde keuse kan jou met jou lewe laat boet.

Hoe kies jy 'n sampioen in die supermark? Dit moet ferm wees en moet verkieslik net een kleur wees.

Hoewel daar maar nog 'n beperkte verskeidenheid sampioene in Suid-Afrikaanse supermarkte is kry ons darem deesdae ietwat meer as in die verlede:

* Die wit knopiesampioen is die volopste en soms die enigste sampioen by plaaslike winkels. Hulle het 'n ligte houtagtige smaak en is veral geskik vir slaaie.

* Portabello sampioene is 'n gunsteling onder die braaiers. Hulle is groot en geurig met baie vleis.

* Die Crimini is soortgelyk aan die knopiesampioen, maar is donkerder van kleur en het 'n ryk smaak. Dit is veral geskik vir gebruik saam met vleis en souse.

* Oestersampioene is die beste van die supermarkreeks. Hulle het 'n delikate geur en kan rou geëet word net liggies gebraai word.

:chef: Onthou tog dat jy nooit 'n sampioen was nie. Die voedingswaarde, wat meesal in die skil sit, word daardeur geaffekteer. Vee dit af met 'n klam lap.

bron: eklets









Reply


Forum Jump:


Users browsing this thread: 1 Guest(s)