20-05-2006, 11:23 AM
Ek trek my hand oor die laventelbos voor in die tuin Â…
Ek sien ouma met die dik bos swart hare wat lief was vir parfuum, mooi aantrek en klere gemaak het vir die bure. Sy, en forse, presiese oupa het menige naweek gaan dans. As kinders, was dit vir ons te lekker om op hulle bed te sit en al die gekleurde stringe krale, oorkrabbers en borsspelde aan te pas en weg te raak in ‘n droomwêreld van musiek en swaaiende aandrokke … Dit was ma, wat ons eendag die donker vlek agter op die mooi borsspeld met die reënboogsteentjies gewys het – een steentjie was weg en sy het dit vervang met ‘n mooi pêrel – ‘n herinneringe aan die motorongeluk wat die oorsaak was van ouma se vroeë dood jare later. En nou dra ek haar trouring en pêrelhalssnoer, want, het sy gesê, as sy die dag nie meer daar is nie, moet ek en sus haar juwele kry. En sus is vandag nog in die klerebedryf - mode-ontwerp gaan swot.
Met die oopstoot van die deur, draai so ‘n effense, muwwe reukie gemeng met varsgemaakte filterkoffie in my neus en my gedagtes loop na Amsterdam, die ou seemanshuis, De Poort, waar ons vir ‘n tyd gewoon het. Die effense mufreuk in die gebou is ‘n seël van die argitektoniese wonderwerk – geboue wat eeue lank, voete in die water oorleef! Soggens vir ontbyt, sterk varsgemaakte Douwe Egberts koffie met koffieroom om maande later in Suid-Afrika, met onttrekkingsimptome te stoei!
Ma sê dis slegte maniere om aan kos te ruik voor jy dit eet. Maar ek sê maar skuus, en ruik altyd aan soetkoekies en trek sulke diep teue in soos wanneer jy bloubottel Vicks moet inasem om jou bors oop te maak. Die diep, soet reuk laat my dink aan die groot bruin papiersakke voel soetkoekies wat ma altyd gebak het wanneer ons vakansies wildtuin, Kaap of Oos-Transvaal toe is. Koffie en soetkoekies was op die ontbytspyskaart en wanneer ma nie gekyk het nie, het ons die “slegte†gemmerkoekies aan die gretige perd gevoer wat sommer in die kamp in Magoebaskloof rondgeloop het en soggens sy kop oor die halwe deur gesteek het om te kom groet en ‘n handvol, gesteelde koekies te kry. Nou is gemmerkoekies van my gunsteling, veral dié soort met die effense krakies en suikerkorrels bo op. Lékker soet!
Terwyl die son iewers agter die Belgiese grysheid sak, stap ek en Dolla om die blok en die reuk van hout wat brand kom van iewers, subtiel aangedra op die aandluggie... Ek beleef die reuk van warmmaakvure, kosmaakvure en geselsvure vermeng in ‘n syserp van rook om die son, wat rooi ondergaan in Hammanskraal, noord van Pretoria. In die verte blaf ‘n paar honde die nag tegemoet.
Ek dink aan die brandreuk van die vuurtjies by die baksteenhuisies onder op die wal van die Limpopo – saans wanneer die plaaswerkers familie word om die vure; gesels meng met die proes van waterbokke in die rivierruigtes en die huil van ‘n veraf jakkals. Ons sit en kyk na die helder sterre en ruik pa se pyp. Ou Bakkies steun kort-kort in sy slaap van pure honde-lekkerkry.
En ek weet, net so sal die reuk van sop, ‘n leeftyd later, my gedagtes altyd laat gaan na buurvrou, Gabby, wat trou aan Belgiese cousine, elke dag die heerlikste sop maak en my laat onthou van ons woonstel op die eerste vloer, iewers in Kortenberg.
Die slim mense sê, reuk is waarskynlik die sintuig wat emosies, verbeelding en geheue die meeste stimuleer. En ek wéét, dis so.