Posts: 3,833
	Threads: 740
	Joined: Jan 2004
	
	
 
	
	
		Jinne, ek het lanklaas hier gekuier!
Het Sondag in Skotland aangekom, en terwyl ek hier sit kyk ek uit op 'n onstuimige see en Arran Eiland!     Ek was nog baie besig hierdie week, en kon nog nie gaan stap nie.... dit is as ek nou in die reen wou stap!     Die heuwels is gras, gras groen en oral is daar wit skape en lammetjies te sien..... prentjie mooi!    Ek moet maar fyn luister as ek die aksent wil verstaan!
	
	
	
	
	
 
 
	
	
	
		
	Posts: 3,833
	Threads: 740
	Joined: Jan 2004
	
	
 
	
	
		Quote:Originally posted by Invictus 
Ja, jy en die res van die wêreld. Ek dink daai mense praat met die tong in die keel..?
 
:woof: [b]Invictus [/B]
 

.... so sing sing ja!
	
 
	
	
	
	
 
 
	
	
	
		
	Posts: 1,173
	Threads: 261
	Joined: Jan 2004
	
	
 
	
	
		Ek is mal oor die Skotse aksent  
	 
	
	
	
	
 
 
	
	
	
		
	Posts: 3,833
	Threads: 740
	Joined: Jan 2004
	
	
 
	
	
		Quote:Originally posted by oe-la-la 
Ek is mal oor die Skotse aksent  
 
 
Ek ook Oe-la-la!   Maar ek moet erken, soms moet ek fyn luister om te verstaan wat hulle se.
	
 
	
	
	
	
 
 
	
	
	
		
	Posts: 147
	Threads: 19
	Joined: Jan 2004
	
	
 
	
	
		My man wil hom altyd doodlag want ek se die Skotse aksent laat my aan 'n lekker warm snoesige wolkombers dink!!!  
Ek kan vir ure vir hulle luister - selfs al verstaan ek omtrent net 10% van wat hulle se.
Lente in Skotland is fantasties - dit is tog te dierbaar as die lammertjies so begin bokspring as die son ondergaan!
	
	
	
I still love chocolate.
	
	
 
 
	
	
	
		
	Posts: 186
	Threads: 24
	Joined: Jan 2004
	
	
 
	
	
		Het in Skotland gebly vir 7 maande, het dit baie geniet!!!  Dit het my 'n rukkie gevat om agter te kom  wat beteken 'wee'.  En dis ook moeilik om vir die skotte te se jy gaan nie saam pub toe nie!  :haha:
	
	
	
Moenie kwaad gaan slaap nie, bly wakker en baklei
Bird of prey
What you are isn't written down in stone
Lover of all things RED especially wine
''aai aai die witborskraai''
	
	
 
 
	
	
	
		
	Posts: 3,833
	Threads: 740
	Joined: Jan 2004
	
	
 
	
	
		Quote:Originally posted by Surita 
My man wil hom altyd doodlag want ek se die Skotse aksent laat my aan 'n lekker warm snoesige wolkombers dink!!!  
Ek kan vir ure vir hulle luister - selfs al verstaan ek omtrent net 10% van wat hulle se.
Lente in Skotland is fantasties - dit is tog te dierbaar as die lammertjies so begin bokspring as die son ondergaan! 
 
Haai jy is terug... jou kuier het vinnig verby gegaan!!
	 
	
	
	
	
 
 
	
	
	
		
	Posts: 147
	Threads: 19
	Joined: Jan 2004
	
	
 
	
	
		Hi Pronkertjie
Ja jong ek is terug en die twee weke het regtig soos twee dae gevoel.
Dit was 'n heerlike kuier en ek is nou sommer baie baie hartseer om terug te wees.  Dit was veral erg toe ons op Heathrow land en dit reen sulke lang hartseer stukke en die kaptein van die vliegtuig se dat dit 7 grade buite is.
Ek sal maar gou moet Skotland toe kom om beter te voel!
	
	
	
I still love chocolate.
	
	
 
 
	
	
	
		
	Posts: 71
	Threads: 3
	Joined: Jan 2004
	
	
 
	
	
		hi pronkertjie, hoe gaan dit. het ook die eerste keer in 'n lang tyd besluit om maar weer hier in die afrikaanse forum te kom kuier.
is jy nou permanent in skotland?
surita, ek dink jou beskrywing van die skotse aksent is te pragtig vir woorde. wolkombers. regtig puik. ek is ook mal oor die skotse aksent en verstaan soos baie ander mense, ook net so 'n bietjie.
	
	
	
	
	
 
 
	
	
	
		
	Posts: 3,833
	Threads: 740
	Joined: Jan 2004
	
	
 
	
	
		Quote:Originally posted by sterretjie 
hi pronkertjie, hoe gaan dit. het ook die eerste keer in 'n lang tyd besluit om maar weer hier in die afrikaanse forum te kom kuier.
is jy nou permanent in skotland?
surita, ek dink jou beskrywing van die skotse aksent is te pragtig vir woorde. wolkombers. regtig puik. ek is ook mal oor die skotse aksent en verstaan soos baie ander mense, ook net so 'n bietjie. 
 
Hi Sterretjie
Nee, ek is net hier tot aan die begin van Junie.  Kom elke jaar om te help met 'n kursus.    Skotland is altyd die hoogte punt van my jaar - al verskil was dat ek hierdie jaar in die ander mooiste land was - SA natuurlik.
Ek hou ook van Surita se beskrywing... sal mooi daarvoor luister as ek netnou winkels toe gaan...