13-09-2007, 10:42 PM
[COLOR="DarkOrchid"]Hendrik September beduie na die donkiekarretjie wat langs die hoenderhok voor sy sinkkaia op Van Wyksvlei skuins op sy disselboom rus.
“Ek’t hom self gebou, Meneer,†sê hy. “Met hierie eige twee hande van my.â€Â
Ons stap nader, ek en Hendrik, met ’n maer hond op ons hakke. In die koeltetjie onder die karretjie skrop twee kapokkies in die stof. Die karretjie is ’n dapper sameflansing van onderdele. ’n Donkiekar, vir mense wat nie weet nie, bestaan uit agt dele: die wiele, die as en vere, die vloer, die sye, die bankie, die splêshbord (die deel waarteen passasiers op die bankie se voete rus), en die disselboom.
“Waar kry jy al die goed?†vra ek.
“Die rims het ek by outjie op Copperton gekry,†sê Hendrik en beduie na die wiele. “Dis ’n Opel-goed s’n wat geverongeluk het. Die bande kom van Jantjie Bruinders van Swartkop af, ek weet nie waar’t hy dit gekry nie.†Iemand moes hulle weggegooi het, want hulle is voos, daardie twee bande.
“En die vere?†vra ek. “Waar kry jy hulle?â€Â
“Hierie vere, Meneer, hierie vere was oempie Klaas Louw s’n, maar toe’s hy mos oorlede, oempie Klaas. Toe sê ou ta’ Siena ek moet hulle maar kom vat, sy kan tog niks met hulle maak nie.â€Â
Uit die rigting van die kaia kom ’n ou man en ou vrou ge-stap, krom agter hul kierietjies aan. Oor die oopte kom drie kinders gedraf. Die ou man het Grasshoppers aan, en die Grasshoppers was dalk grys voordat hierdie ruwe stuk wêreld hulle beetgehad het. Dis iets waaraan ek my knaend verwonder: ’n landskap se invloed op sy inwoners se skoene. Skoene in hierdie omtes raak anders oud as sê maar Laeveldse skoene, of Mosselbaaise skoene, of Vrystaatse skoene.
Die ou man en vrou en die kinders kom staan by my en Hendrik. Op een van die kinders se borskas loer ’n Mickey Mouse tussen vuil kolle deur. “Hi folks!†staan dof bokant dit geskryf. Hulle sê niks nie, die ou man, die vrou en die kinders. Amper asof hulle getuies vir Hendrik is, staan hulle en luister.
“Hierie sinkplaat-goed hier onner, hy kom van Brandvlei af.†Hy tik ’n kneukelrige vinger op die karretjie se agterkant. “Op Brandvlei is ’n plek by name Rondomlelik. Ek’t hom daar loop optel, hierie sinkietjie, by Rondomlelik. Ek dink die kinners-goed het met hom pophuis gespeel. Vroeër, miskien, was hy ’n ’n gedeelte van ’n plaasdam of ’n windpomp se stert of ‘n ding.â€Â
Hendrik vryf oor die karretjie se regtersy. “Hierie sy hier, ek dink hierie sy kom van die ou kafee hier in die dorp af – die Sonskyn Kafee. Hy was een van die bordens daar.†Dof op die sy staan: Sonsk.
“Die regtersy, Meneer. Hy’t ek op Calvinia op die ashoop opgetel. Miskien was dit ’n deur-goed of ’n ding.†Hy wys na die bankie. “En hierie plank hier was ’n ou kasding van my wat gebreek het, toe’s hy stukkend. Maar hy’t gebreek asof hy moes, Meneer, want toe vat ek hom en saag hom bietjie en kom maak van hom ’n sitplek vir hierie kar van my.â€Â
Langs my knik die ou man en vrou plegtig. Dis alles waar, dis so. Hulle het met hul eie oë gesien hoe word hierdie Hendrik September se daad van geloof stukkie vir stukkie ’n donkiekar hier op Van Wyksvlei.
[/COLOR]
Beeld-deurloop : Dana Snyman