Thread Rating:
  • 0 Vote(s) - 0 Average
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
Talle visse vrek weer in Gauteng
#1
[SIZE="2"]Talle vakansieplanne is verongeluk nadat dit bekend ge- word het dat visse onverklaarbaar in die Bronkhorstspruitdam, oos van Pretoria, vrek nadat hulle van kleur verander en blase ontwikkel het.

Die dam is byna verlate, waar dit gewoonlik dié tyd van die jaar volgepak met vakansiegangers is.

Ontstelde inwoners het gister gesê die Delmasdam se water vloei in dié dam en hulle vrees vir hul gesondheid.

Inwoners van Delmas en Standerton loop die afgelope tyd onder diarree weens besoedelde water deur.

’n Beeld-span het gister die Bronkies-hengel- en natuurreservaat besoek, waar hulle talle dooie visse langs die Bronkhorstspruitdam gevind het.

’n Inwoner wat jare lank by dié dam visvang, het gesê die visse is veronderstel om wit met donker skubbe te wees, maar hulle is nou geel met vieslike blase op hul lywe.

Hy wou nie sy naam noem nie uit vrees dat hy nooit weer by die dam toegelaat gaan word nie.

Mnr. Joe Gomba, waarnemende munisipale bestuurder van die Kungwini-munisipaliteit, het verlede Woensdag ’n kennisgewing uitgereik waarin hy inwoners waarsku om nie die visse te eet nie.

“Dit het onder ons aandag gekom dat ’n aantal visse in die Bronkhorstspruit-dam (ge-)vrek het. Die publiek word ernstig gewaarsku om nie die vis te eet nie.

“Die munisipaliteit en die departement van waterwese en bosbou werk saam om vas te stel wat die oorsaak is,” het Gomba in die kennisgewing gesê.

Sapa berig 134 inwoners van Standerton in Mpumalanga is behandel vir erge maagaandoenings.

Mnr. Mpho Gabashane, woordvoerder van die provinsiale departement van gesondheid, het dié uitbreking bevestig.

Dit het vandeesmaand begin en 48 mense word tans in hospitale behandel.

“Die getal mense wat by openbare- en private hospitale aanmeld met diarree, is besig om te vermeerder,” het Gabashane gesê.

Volgens hom is die oorsaak van die uitbreking nie bekend nie, “maar die groot verdagte is tans die water, as gevolg van die hoë invloei van reënwater in ons stelsel”.[/SIZE]
Reply


Forum Jump:


Users browsing this thread: 1 Guest(s)