Thread Rating:
  • 0 Vote(s) - 0 Average
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
Toe stres jy verniet
#1
Almal het dit, ook dié wat spog hulle “ly” nie hieraan nie. Ek praat van stres. Stres maak jou kop seer, vat jou slaap weg, laat jou skouers krom trek. Nou die dag vertel ‘n dokter vir my dat meer as die helfte van haar pasiënte aan ernstige stres ly. Miskien is dit hoekom die Amerikaners al van ons samelewing as ‘n “Prozac society” praat, ‘n gemeenskap wat ernstige medikasie nodig het net om min of meer “normaal” te probeer leef.





Godsdienstige stres – dit ook nog!



Godsdienstige stres? Bestaan daar nog so iets ook? Is godsdiens dan nie veronderstel om ‘n teenvoeter vir stres te wees nie? Jesus is immers die groot antwoord - so preek die kerk. Hy is die Een wat vrede en rus in jou lewe moet bring soos wat Matteus 11 sê. Stres is mos nie ‘n ding wat jy met die kerk assosieer nie. Wel, gewoonlik nie. Maar dis net hier waar die probleem lê. Baie kerkmense sit opgeskeep met stres oor hulle verhouding met die Here. Hulle voel hulle doen altyd te min te laat. Hulle is gedurig tot niks goed in staat nie.

Die Here het bedoel dat ons geloof ‘n vreugde moet wees... Regtig!


Jou geloof moet jou strate makliker laat leef. Immers: die ewige lewe wag op jou, en tot jy by die Here aankom, is Hy tree vir tree by jou. Hoe kan jy dan moeg vir die lewe wees in die hande van so ‘n God? En tog gebeur dit.



Hoe ontsnap jy uit die greep van godsdienstige stres? Wel, deur ‘n paar feite in die oë te kyk:



God is nie op die oorlogspad teen jou uit as Christus die Here van jou lewe is nie. Hy het al sy woede oor jou lankal op Jesus laat afkom (Rom 3:21-24). Alles wat jy gister verkeerd gedoen het, vandag nog verkeerd doen, en môre weer gaan verkeerd doen, is kant en klaar op sy skouers afgepak. By Golgota was God so verskriklik kwaad vir Hom (en vir jou) dat Jesus (en jy) dood is (Rom 6; Gal 2). Maar gelukkig het Jesus nou in ‘n splinternuwe lewe opgestaan ... jy ook.



Jy kan elke dag in vrede met God leef wat met sy arms vol liefde by jou is. Hy is ‘n partydige God. Hy’t kant gekies, en sy keuse het ook op jou geval. Glo dit en leef sonder godsdienstige stres (Rom 8:31-39).



Jy moet weer ‘n slag die Evangelie se basiese dinge reg glo. Jy moet die Goeie Nuus aanvaar dat Jesus namens jou dood is. Jy is vrygespreek. Jy’s ‘n begenadigde, nie ‘n sukkelende sondaar nie - in elk geval nie in Christus se oë nie. Jy is nou deel van sy hemelse familie.



Gebed



Heer, dis ek, u kind, wat by u deure opdaag.

Ek is swak en klein

Boonop bekommer ek my dood of ek genoeg in u oë doen

Nee, ek weet ek stel U keer op keer teleur.

Maar nou hoor ek opnuut dat Jesus volledig al my straf gedra het.

Help my om dit regtig te glo...... en vry te word.

Help my om te weet U stap as ‘n Vader saam met my

Laat my U vrede opnuut beleef



Amen
:engel:


Ek geniet die e-pos so, as jy graag meer wil gaan lees klop bietjie aan by
http://www.ekerk.co.za/ :thumbs:
Reply


Forum Jump:


Users browsing this thread: 1 Guest(s)