Thread Rating:
  • 0 Vote(s) - 0 Average
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
Twintig Kilometer Verder
#1
My sus het kuns gedoen; ek, sport – atletiek, tennis, muurbal, perdry, ysskaats. Draf was nog altyd selfmoord op ‘n aanvaarbare manier.
Trou toe ‘n drafverslaafde – die “army” het hom geleer om steeds verder te gaan. Hy draf vir ‘n “kick”, veral hier in België teen die grysweer-depressie. Ek wou dat dié “gesonde gogga” my byt en het saamgesukkel om die park en as hy so tussen die hyg na asem deur sê, “dis sooo lekker” wou ék die gogga byt en uitspoeg! ‘n Paar padwedlope en ‘n hele paar goeie drafskoene verder en ek hang nog steeds jaar vir jaar oor die metaal omheinings by die padwedlope om hom aan te moedig vir die laaste stuk, einde toe. Vir twee jaar kla my gewete my aan as ek sien hoe jonges en oues, rondes en maeres die “Brussels 20 km.” voor my verby voltooi en word dit ingevryf, “Jiss Ma, as hulle dit kan doen, kan Ma ook!”

Toe neem Spiere (16) verlede jaar die uitdaging aan en wys vir pa die tekkie-hakke – te trots! En die skuldgevoelens word soos gewigte. Skielik voel die honderd en iets trappe op na die woonstel nie meer genoeg nie…..
Gryp toe in desperaatheid my niggie se oefenprogram – miskien help dit om die blok in die kop te breek: Dag 1 - rus. Dag 2 – draf 1 minuut stap 5 minute draf 1 minuut …... Nèt die program vir my! Kyk nie vooruit nie – te bang dit breek my moed. En so gaan ek aan, dag vir dag - draf, stap, rus! Reën en wind, bulte op, bulte af, bos in, bos uit …..

Op ‘n dag vat manlief toe die program – as jy dit kan doen, kan jy net sowel die 20 km. doen! En daar is ek toe ingeskryf – nommer en al.
‘n Week voor die tyd wou ek tekkies uitpluk – het ek te groot begin?!
Maar toe die skoot om 3 uur die middag, Sondag 29 Mei klap en “Charriots of Fire” die ongeveer 25 000 van ons die stad in stuur, was daar nie meer omdraai nie. Dit begin as ‘n plesierige affêre met grapkaste, pruike, snaakse klere en goete. Kameraadskap, aanmoediging van skares en slagorkeste maak van opdraandes niks en waterpunte ‘n hoogtepunt. Halfpadmerk is van die plesierigheid weinig oor, pruike en ekstra gewig is afgesmyt, natgeswete lywe beweeg op en af, op en af – rigting Jubelpark – gefokus!
Die laaste paar honderd meter bring weer vleuels aan die moeë voete – die einde is in sig.

DIE EINDE – yes, yes, yes!!!!!
‘n Bottel water, ‘n appel en ‘n medalje!
My tone is seer – ontdek later die 5 blou toonnaels
Die belangrikste – ‘n oorwinning in my kop – ek kan en het verby die blok gedraf!

Nou, ‘n paar maande later – draf ek nog steeds. Sommige dae makliker as ander want ek weet ek kan en ek voel goed wanneer ek klaar is. Maar of ek daarvan hou, nog nie!!!



:jog:
Reply
#2
Jy behoort trots op jouself te voel hantam! Wel gedaan :thumbs: Ek geniet om jou brokkies te lees. Doe so voort! :worthy:
Reply
#3
Hantam.... jy is 'n ster!!! :jog: :worthy: (dink ons moet vra vir 'n ster smilie!)

Ek kan net dink hoe dun jy nou moet wees!

Dankie vir die lekker lees stukkies!

Reply
#4
Briljant en presies hoe ek voel oor hardloop - ek weet dit is goed vir my maar dit is maar net nie lekker nie!

Dit is nog meer bewonderendswaardig (is daar so 'n woord?) dat jy buite hardloop in koue, koue, nat Europa!
I still love chocolate.
Reply
#5
[QUOTE=Pronkertjie]

Ek kan net dink hoe dun jy nou moet wees!

Nee wat, nog soos altyd!!!!
:haha:
Reply
#6
Surita Wrote:Briljant en presies hoe ek voel oor hardloop - ek weet dit is goed vir my maar dit is maar net nie lekker nie!

Dit is nog meer bewonderendswaardig (is daar so 'n woord?) dat jy buite hardloop in koue, koue, nat Europa!

Trek maar klein koppie in die winter,
maar die lekkerste is om te draf in mistige weer - kan nie ver voor my sien nie... Was nog altyd lief vir mistigheid en die geheimsinnigheid daarvan. :cold:
Reply
#7
[QUOTE=hantam Was nog altyd lief vir mistigheid en die geheimsinnigheid daarvan. :cold:[/QUOTE]


O ja mistigheid in die bos is darem net ongelooflik misterieus - ek wag altyd vir die kabouters en feetjies om vir my te loer!!
I still love chocolate.
Reply


Forum Jump:


Users browsing this thread: 1 Guest(s)