Thread Rating:
  • 0 Vote(s) - 0 Average
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
Verleentheid!
#1

Ben skryf:
So 'n paar jaar gelede was my vrou Kolporteur van ons kerk. ('n Kolporteur is die persoon wat die boeke by kerke hanteer). Daar was so 'n klein kamertjie agter in die kerk waar sy die boeke uitgestal het, en waar die mense dan nou hulle bestellings kon maak of dan nou van die boeke wat beskikbaar was kon koop. Aangesien sy die kolporteur was het die mense haar gereeld gevra watter boeke sy sou aanbeveel.

Gedurende die tyd wat sy kolporteur was het ek 'n 'anderse' tipe haarstyl gehad, want sien, die hare het al begin yl raak, my hare was korterig gesny en dan sou ek dit "gejel" het sodat dit, soos wat die engelsman sal sê, soos "spikes" op my kop regop sou staan. Ek het ook gedurende hierdie tyd 'n boek gelees wat my vreeslik aangegryp het by name "Die hand wat die spykers ingeslaan het", die boek was ook toevallig een van die boeke wat op uitstalling was.

Die spesifieke dag was daar dan nou ook mense in die kamertjie wat al vir 'n wyle daar rongeblaai en gesoek het na 'n goeie boek om te lees, en toe kom die vraag: "nou watter boek sal jy aanbeveel mevrou?" waarop sy sommer dadelik antwoord, "my man het nou net 'n boek gelees wat 'n blywende indruk op hom gemaak het miskien moet julle hom vra"! Met al die aandag nou op my en ek wat vir woorde soek om uiting te gee aan die indruk wat die boek op my gemaak het, kom ek toe met die volgende woorde vorendag ( tot my grootste spyt!). "Ek wens ek kan vir julle verduidelik watter indruk die boek op my gemaak het. Al wat ek vir julle kan sê is dat die boek jou hoendervleis gee. Dit voel of jou hare regop staan as jy dit lees." Die man kyk my aan vir 'n hele 30 sekondes of meer, waarop sy reaksie was: "die boek moes 'n geweldige indruk op jou gemaak het!". Nodeloos om te sê dat sy vrou net daar uitbars in 'n onbedaarlike histeriese lag, hulle is daar weg sonder om 'n boek te vat en jy kon die gelag hoor terwyl hulle in hul motorkar wegry (seker nog vir 100 meter verder kon jy die gelag hoor). Ek en my vrou het, toe hulle weg is, ook uitgebars van die lag! :haha:


:yes:
Reply


Forum Jump:


Users browsing this thread: 1 Guest(s)