Thread Rating:
  • 0 Vote(s) - 0 Average
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
Vinnige getuienis
#1
EK het nie einltik geweet of ek dit in die Religion of die Afrikaanse seksie wil sit nie maar ek het besef dat ek beslis aan my Afrikaans sal moet werk so nou pos ek dit maar hier.

Ek is nou terug in Suid Afrika vir 'n week en 'n dag en dinge gaan maar dol. Ek wil ook omtrent vergaan van die hitte - veral in Natal.

Ons moet vir my man 'n bakkie koop en ons kon net nie een kry in Durban binne ons "budget" nie. Die oplossing was toe dat ek maar opvlieg Johannesburg toe en hier een kom soek.

Ek was maar baie benoud want hoe moet ek wat nie eintlik in karre belangstel vir my man 'n bakkie kry. Wel ek het maar net vir die Here gevra om my te help en na 'n paar vals beginne (false starts) het Hy my reguit na die bakkie toe gely wat ons wou he. Dit nadat ek al by 'n ander plek gestop het om 'n bakkie te koop waarmee ons nie heeltemal gelukkig was nie maar wat die beste van die lot was.

As Hy na my kyk en na my gebede luister oor iets simpels soos kar koop hoe kan mens ooit twyfel dat Hy nie na ons sal luister oor die groot en belangrike goed nie.

Hou my asseblief in julle gedagtes en gebede Maandag want ek gaan vir 'n werksonderhoud en dit is is vir my ongelooflik belangrik om werk te kry.
I still love chocolate.
Reply
#2
Haai Surita

Is bly dit het vir jou uitgewerk. Ja, ons bid tog so baie keer maar so sonder hoop of geloof dat iets tog nie sal gebeur nie. Hoop die bakkie gaan sommer vir julle baie vreugde verskaf. Sjoe, moet jy dit nou al die pad af Durban toe ry.

Sal Maandag aan jou dink hoor. Stap daar binne met dieselfde geloof as wat jy Hom vertrou het vir daar die bakkie. Laat ons dadelik weet hoor.

:daisy:
Reply
#3
Hallo Surita,

Ek bid jou alles van die beste toe vir die onderhoud Smile Vasbyt en moed hou, hoor!

OE :lovef:
Reply
#4
Net 'n vinnige update! Ek was toe vir die onderhoud en dit lyk of ek maandag al gaan begin met kontrak werk. Die ou duiwel het lekker op my skouer gesit en net vir my vertel dat ek nie gaan werk kry nie maar ek het hom net geignoreer en dinge lyk heel goed.
I still love chocolate.
Reply
#5
Surita Wrote:Net 'n vinnige update! Ek was toe vir die onderhoud en dit lyk of ek maandag al gaan begin met kontrak werk. Die ou duiwel het lekker op my skouer gesit en net vir my vertel dat ek nie gaan werk kry nie maar ek het hom net geignoreer en dinge lyk heel goed.

Whohoo..... ek is bly Surita!

Dankie dat jy ons laat weet! Kry jy lekker warm in Durban?

:daisy:
Reply
#6
Surita Wrote:Net 'n vinnige update! Ek was toe vir die onderhoud en dit lyk of ek maandag al gaan begin met kontrak werk. Die ou duiwel het lekker op my skouer gesit en net vir my vertel dat ek nie gaan werk kry nie maar ek het hom net geignoreer en dinge lyk heel goed.

Bly alles het uitgewerk vir jou Surita! Hoop jy geniet die nuwe werk :thumbs:
Reply


Possibly Related Threads...
Thread Author Replies Views Last Post
  Vinnige Hallo Surita 2 3,549 31-05-2005, 08:35 AM
Last Post: Pronkertjie
  Landdros slaap glo in hof terwyl vrou getuienis gee Pronkertjie 0 3,084 Less than 1 minute ago
Last Post:

Forum Jump:


Users browsing this thread: 1 Guest(s)