22-04-2006, 04:42 PM
Ek sit met my boek en fles tee op die grasheuwel en sien hoe die twee manne in pakke klere op ‘n klein bromponie, wippend oor die graspolle aangery kom, afklim, die grasheuwel opklim en so ‘n ent weg van my gaan sit om hulle toebroodjies te eet – lunch tyd.
Ons sien hoe ‘n stringetjie blink krale in die verte in die wolke vorm soos die ligte kleiner word op die horison… telkens breek die stringetjie en val ’n blink kraal grond toe om te land op die aanloopbaan hier voor ons - ‘n demonstrasie van kleur, krag, klank en kontrole met soms, so ‘n tikkie verwaandheid! Meestal kom hulle met groot rustigheid nader, land sierlik en amper geluidloos sonder rook of reuk, om aan te skuif lughawegebou toe. Maar dan is daar ook dié, wat miskien spreek van jeugdige joligheid, wanneer hulle met groot spoed naderkom, skielik knik om dan dansend van een wiel na die ander te land met rook en remme en vinnig voortspoed tot die einde van die aanloopbaan. Beslis sorg hùlle vir opgewondenheid of beklemming onder hulle passasiers en ‘n glimlag, vir dié van ons wat net toekyk!
Dit laat my dink aan die verhaal van Howard Hughes wat met soveel passie telkens die vliegtuig van sy drome ontwerp het om dan met kinderlike opgewondenheid en soms ook groot persoonlike kostes, sy droom te vlieg ten aanskoue van gelowiges en ongelowiges. En so sit die vliegtuig-paparazzi, somer en winter, so ‘n ent verder weg met gesofistikeerde kameras, lense en verkykers langs die pad by die vliegveld, wagtend vir die groot oomblik wanneer die adelikes van die wolke hulle opwagting maak om met koninklike swier of skandaal hul buiging op die baan te maak onder die gekliek van die kameras. Ek wonder watter kamera het gekliek toe die Boeing 707 op 15 Februarie 1965 net kort duskant die aanloopbaan die grond getref het? So naby aan sy eindbestemming, maar ook so ‘n finale bestemming vir al 73 passasiers…Nou is dit net óns kameras wat kliek op die klipmonument wat die inwoners laat oprig het ter nagedagtenis aan die passasiers.
Toe ek met my fiets terugry huistoe, sien ek weer ‘n paar huise met ‘n groot plakkaat in die venster wat se “I love my airport jobÂâ€. Tuis gekom, tel ek die koerant op en lees voorbladnuus oor DHL wat hul hoofkantoor uit Brussel gaan verskuif na iewers in Duitsland as gevolg van die groot debakel rondom vliegtuiggeraas snags.
Toe ek aandete maak voor my kombuisvenster, sien ek met genoegdoening hoe hulle kort nàmekaar, met ’n gedreun, téén die wind inbeur, oppad iewers heen. En ek vlieg saam!
:aero: