Posts: 1,173
	Threads: 261
	Joined: Jan 2004
	
	
 
	
	
		Wat doen al julle mense? Dis Maandag en ek is bietjie af vandag... kom so pas terug van B&Q waar ek 'n spul pragtige plante gekoop het vir die tuin. So terwyl die son skyn is dit tuinwerk vir my vandag! 
Geniet die dag waar julle ook al is, wat julle ook al mag doen en wie julle ook al mag wees 

  :daisy:
	
 
	
	
	
	
 
 
	
	
	
		
	Posts: 147
	Threads: 19
	Joined: Jan 2004
	
	
 
	
	
		Ek was nou baie amper in baie groot moeilikheid.  
Easyjet het 'n uitverkoping op hulle vliegtuigkaartjies en ek boek toe vir ons kaartjies om net vir die dag Munich toe te gaan om na die Kersmark toe te gaan.  Dit was nog altyd 'n droom van my om na 'n Europese kersmark toe te gaan.
Wel ek is toe slim genoeg om die kaartjies te boek vir die dag wat Suid Afrika teen SKotland rugby speel.  My  man beplan al vir 'n jaar om na die game te gaan kyk saam met al sy vriende.
Gelukkig het ek dit vinnig genoeg agtergekom en kon ek die kaartjies verander het!!!
Dink net as ek vir hom moes se: "Liefie jy kan nie gaan rugby kyk in Skotland nie want jy gaan saam met my na 'n Kersmark toe!".
	
	
	
I still love chocolate.
	
	
 
 
	
	
	
		
	Posts: 1,173
	Threads: 261
	Joined: Jan 2004
	
	
 
	
	
		O genadetjie tog ek sal my sy gesig kan voorstel as jy dit moes se - kersmark ipv rugby!  

  Bly jy het darem die datum onthou!!
	
 
	
	
	
	
 
 
	
	
	
		
	Posts: 147
	Threads: 19
	Joined: Jan 2004
	
	
 
	
	
		Hy werk op die oomblik in Suid Afrika en toe hy my bel en ek vertel vir hom van die ongelukkie het sy stem soos ys geword en sy presiese woorde was: "Wel Liefie, jy beter dit so gou as moontlik verander."
Ek is bly daar was darem nog 'n liefie in die sin alhoewel ek twyfel of ek 'n liefie sou wees as ek dit nie verander het nie.
	
	
	
I still love chocolate.
	
	
 
 
	
	
	
		
	Posts: 1,173
	Threads: 261
	Joined: Jan 2004
	
	
 
	
	
		Hier in die noord-weste is dit weereens betrokke en koel! Ek kon darem die gras gesny kry voor dit weer neer stort! Nou vir 'n lekker warm koppie koffie 
Hoop almal geniet hul dag ook 
	 
	
	
	
	
 
 
	
	
	
		
	Posts: 1,173
	Threads: 261
	Joined: Jan 2004
	
	
 
	
	
		Hmmm :mmm: baie stil hier in die Afrikaanse draadjie! Is julle almal baie besig? 
Ek by huis met vrot verkoue! :cold:
Hoop almal geniet hul dag :lovef:
	
	
	
	
	
 
 
	
	
	
		
	Posts: 1,343
	Threads: 35
	Joined: Jan 2004
	
	
 
	
	
		Pak my tasse en loer so tussen in hier in...
Die huurmotor kom ons 16:00 oplaai en na Manchester neem, vlieg vannaand na SA en vlieg weer op 8 Oktober terug!!
:cloud9: :babyroll: :cloud9:
	
	
	
	
	
 
 
	
	
	
		
	Posts: 1,173
	Threads: 261
	Joined: Jan 2004
	
	
 
	
	
		Ag hoe lekker! Ek is seker julle gaan 'n heerlike vakansie he! Het vanoggend met sussie-goed in Mosselbaai gepraat en sy het behoorlik ingevryf hoe lekker die 

unny: daar skyn en die somer wat oppad is!
Reis veilig en geniet elke oomblik