Thread Rating:
  • 0 Vote(s) - 0 Average
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
Wegbreek Tydskrif
#1
[COLOR="Purple"]Toe ek vroeer vanjaar in SA was het ek hierdie tydskrif by vriende gesien. Was baie beindruk daarmee en het my voete gejeuk om deur mooie SA te reis.

Hier skryf Koos Kombuis 'n stukkie van sy 10 van sy gunsteling vakansie plekke - ongelukkig nou nie almal in SA nie.
[/COLOR]

[COLOR="DarkGreen"]My 10 gunstelingvakansieplekke

Dit voel soos gister toe die redakteur van die nuwe Wegbreek-tydskrif op my stoep kom koffie drink het en my gevra het om rubrieke te skryf. Kan dit wees dat hierdie publikasie nou al ’n jaar lank bestaan? Goeiste, tyd vlieg.

Ná ’n jaar van suksesvolle groei is dit sekerlik gepas om ’n bietjie te brêgh. Ja, want binne ’n jaar het Wegbreek hom as ’n huishoudelike naam in Suid-Afrika gevestig.

En geen ander reistydskrif in ons land trek deurentyd soveel aandag van, en skenk soveel publisiteit aan plaaslike musikante en skrywers nie. Die hele celebrity-dom van Afrikaans is skielik dol oor reis, lyk dit my.[/COLOR]

http://www.wegbreektydskrif.com/inhoud/k...ombuis.asp

:tourist:
Reply
#2
Ek en my man is mal oor hierdie tydskrif en oor die maatjie - WEGSLEEP
Reply
#3
sooibrand Wrote:Ek en my man is mal oor hierdie tydskrif en oor die maatjie - WEGSLEEP

[COLOR="Purple"]Haai Sooi - het nog nooit daarvan gehoor nie. Klink soos karavaan trek. Smile

Sal bietjie Google.[/COLOR]
Reply
#4
Is omtrent so iets - was altyd sommer bylae by die weg, maar het so gegroei dat dit op eie voete staan
Reply
#5
sooibrand Wrote:Is omtrent so iets - was altyd sommer bylae by die weg, maar het so gegroei dat dit op eie voete staan

[COLOR="Purple"]Ek het gaan loer en dit lyk interessant. Sleep julle karavaan? Waar is julle gunsteling plek om te gaan vakansie hou?

:trek: :biker: [/COLOR]
Reply
#6
Ons sleep nie meer karavaan nie, is nou sommer net kampeerders. Ek het groot geword in Riversdal so my hart trek met 'n punt na Jongensfontein - is digby Stillbaai. Hannes is mal oor die Weskus en in die somer is enige plek langs warm see vir my reg. Ons het nie vaste kampplek nie, gaan sommer waar die gier ons pak.
En julle?
Reply
#7
[COLOR="Purple"]Jong, die tyd is altyd beperk as ek in SA, maar my beste vriende daar is mal oor kamp. Verlede jaar kon ons dit uiteindelik inpas en het ek vir so 5 dae saam met hulle gaan kamp in die bosveld - anderkant Warmbad se rigting. Hulle in die karavaan, ek in my tentjie en hul seun in sy tentjie. Die gogga het my toe ook gebyt! My vriendin en ek was vroeg soggens uit en het so 4km elke oggend gaan stap. Het dikwels wild teegekom. Ag, nou verlang ek sommer daarna!!! Dit is 'n koue en grys dag hier in Engeland en die bosveld Confusedunny: sou nou net die ding gewees het.

:camp: :yes:

[/COLOR]
Reply
#8
Toemaar is vandag lekker nat en koud en winderig hierso (weet nie van in die Bosveld nie)
Reply


Forum Jump:


Users browsing this thread: 3 Guest(s)