Thread Rating:
  • 0 Vote(s) - 0 Average
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
Welkom terug Pronkertjie
#1
Welkom terug in ons midde Blommetjie! :daisy: Ons hoor graag van jou Afrika avontuur hier....
Reply
#2
oe-la-la Wrote:Welkom terug in ons midde Blommetjie! :daisy: Ons hoor graag van jou Afrika avontuur hier....

Goeiemore Oe-la-la....

Dankie... ek het so baie stories om te vertel julle sal nog lank daarvan hoor! Smile

Ek het my eie woonstelletjie gehad.... eintlik net 'n kamer en 'n badkamer met 'n lekker stoepie - waar ek sommer baie tyd deurgebring het.

Waar ek die seminaar aangebied het, het ook 'n driemaande Engelse taalskool begin. Skielik gewaar ek 'n Masai man aangestap kom. Ek gaan roep toe gou iemand wat hom sy slaap plek aanwys. Hy het die kleinste skouer sak by hom gehad en toe ek later hoor dat hy daar is vir driemaande was my eerste vraag waar sy bagasie was.

Ek hoor toe dat hulle net een uitrusting het wat hulle die hele tyd dra.... en wat nogal baie onaangenaam kan ruik na 'n tyd.

Nietemin, die man - Charles - was die eerste student, en hy kom soek toe geselskap. Ek sit my toe en verwonder aan sy uitrusting, sy armbande, sy krale om die nek.... gelukkig het hy geen spies of stok by hom gehad nie.... MAAR skielik steek hy sy hand voor by sy gewaad in en benoud wonder ek wat nou.... maar uit kom 'n selfoon.

Dit was so 'n kostelik prentjie ek kon nie help om te lag nie. Almal, maar almal daar het selfone, en is gedurig besig om boodskappe te stuur. Ongelooflik. Jy sien ook honderede klein sink geboutjies waar hulle telefoon kaarte kan koop.


:daisy:
Reply
#3
Kan jy glo! Ek het lekker gelag oor die selfoon storie! :haha:
Reply


Forum Jump:


Users browsing this thread: 1 Guest(s)