09-04-2007, 02:53 PM
[COLOR="Purple"]
Cecile Cilliers
Dis weer pure kaal lywe hier in die Kaap.
Ná so ’n kort koeltetjie (glo ’n flou koue front wat verlangs verbygestoot het), is dit weer somer. Die dae word wel korter – die son kom later agter die berg uit en hy bly nie meer so lank doodstil in die weste hang nie – maar dis nog steeds warm.
Sondag, Palmsondag, was Vishoek se strand vol mense wat die laaste bietjie somerson soos olie aan hul lywe smeer – die bruin moet genoeg wees om hulle deur die lang, nat winter te hou.
In Muizenberg se golwe was die branderplankryers vroegoggend al uit. Op pad kerk toe sien ek hulle bo van Boyes-rylaan af, swart stippels in die silwergrys, en God se son ’n magtige Teenwoordigheid op die water.
In die supermark het die jong mense die minimum aan: kaal bruin bolywe, dun sarongs oor ’n baaibroek. Skoene bestaan nie. Hulle lag wit na mekaar, steur hulle nie aan trollies nie, dra die Sondagkoerante onder die arm, Coke en tjips in die hand. Plus wors, broodjies en ’n sakkie kole vir die braai.
Dis Europese tradisies, voorgeskryf deur Europa se weer, wat aan ons religieuse feeste vorm gee. Kersfees is uit en uit ’n winterfees; Sinterklaas se rooi gewaad en slee is bespotlik in ons Afrika-klimaat.
Om van die reuse-Kersmaal met doekpoeding, skaapboud en soetpatats nie eers te praat nie. En dit gewoonlik in temperature van bo 30°C – dis geen wonder dat ons koronêre skiet nie.
Die sjokolade-eiers, -eendjies en -hasies waarvan die winkels vol is en wat ons Paasfees omskryf (weliswaar met sterk ondersteuning van die mark), kom uit ’n Noordelike Halfrond waar die lente nou in aantog is.
Dáár simboliseer die eiers en die jong diertjies nuwe groei, nie net van die natuur ná die lang winter nie (baie van die ou gebruike het heidense wortels), maar as simbool van daardie eerste opstanding uit die dood.
Sou dit vir Europese Christene makliker wees om Paasfees in die kerk te vier, die ou tradisies te behou?
Mooi musiek by kerslig sonder dat die sweet jou aftap; Goeie Vrydag se rou, uitbundige opstandingsdienste in kerke vol van die eerste lenteblomme – affodille, sneeuklokkies en anemone. Sonder die versoeking van somer en son en saffier wat jou buite toe bly roep . . .
Want hier het ons dekades al die lang Paasnaweek – nie net Goeie Vrydag en dan Opstandingsondag nie, maar Maandag ook nog by. En al wat mens is, kry Donderdag al koers KKNK toe, of Durban toe, of hier in die Kaap (waarom weggaan as die mooiste en die lekkerste hier op jou drumpel is?) reguit strand toe – mits die warm weer net hou.
Om dit te kan ómgooi . . .
Gister, toe ek verby Kaapstad se universiteit ry, sien ek teen die roeserige klipmure hoe bloei die herfs op die klimop.
En in die Boland lê dieselfde bloedrooi genade op die wingerdblare gevlek – die druiwe is lankal reeds in die kelder vir volgende jaar se wyn.
Hier, in die hitte van die laatsomer, lê daar miskien ’n ander seën, ’n ander bewustheid van genade.
Van die kruis af laat Hy Hom geld in elke korsie brood, in elke mondvol wyn, en ons dra die vreugde van die opstanding soos son op die vel die lang, nat winter in.
[/COLOR]