Thread Rating:
  • 0 Vote(s) - 0 Average
  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5
'n Naweek van nostalie
#1

deur Voetstoots van Tonder

Het jy geweet dat ‘n mens se neus en ore nooit ophou groei nie? So sê my Chappies-papiertjie, in alle geval. “Feit” nommer 47, vir wat dit werd is.

Kan dit regtig waar wees? Ek weet my neus is nie klein nie, maar die ding is darem seker nie groter as laasjaar hierdie tyd nie, of hoe? My naam is tog nie Pinocchio nie? En dis darem ook heel anders as Â’n mens se hare, wat natuurlik wel heeltyd groei, maar dit word darem elke nou en dan gesny?

Maar dit moet waar wees: die Chappie-papiertjie sê so.

Die Chappie self, Â’n groene, is in my mond. Nou-nou, as hy lekker deurgekou is, gaan ek Â’n borrel blaas. Hoop ek kan nog.

Die stukkie gom het ek vroeër vandag gekoop by Betty’s Tea Room, ’n eetplek by 44 Stanley Avenue in Johannesburg. Dertig sent daarvoor betaal. Kan jy glo – toe ek ’n kind was, het ons twee vir ’n sent gekry. Gewoonlik het die kafee-eienaar sommer vir ons een of twee daarvan gegee in plaas van kleingeld. Dis ’n wonder dat ek nie opgeëindig het met selfs meer stopsels in my tande nie.

Behalwe vir die hare wat op jou ore begin groei, is dit die die seker die duidelikste teken dat ’n mens self begin oud word: as jy eers begin om nostalgies te raak oor die pryse van jou kleintyd. Halfsent vir ’n Chappie, een sent vir ’n Wilson’s toffie, vyf sent vir ’n pakkie chips. Dis wat ons betaal het in die vroeë sewentigerjare, voordat ons lekker verstaan het van inflasie.

Nou verkoop Betty’s Tea Room een Wilson’s toffie vir 50 sent. Miskien moes ek meer van die goed gekoop het toe ek ’n klein seuntjie was – bloot as belegging. Oor die laaste dertig jaar of wat het die prys van Chappies en Wilson’s Toffies immers meer gestyg as dié van eiendomme (as jy persentasiegewys daarna kyk, in elk geval).


Lees verder...
Reply


Forum Jump:


Users browsing this thread: 1 Guest(s)