South Africa Info Forums

Full Version: Jy gaan agteruit as jy stilstaan...
You're currently viewing a stripped down version of our content. View the full version with proper formatting.

OP die Here se pad gaan jy agteruit as jy stilstaan.


As jy nie dag vir dag saam met Christus stap nie, raak jy agter. As jy net aan jou eie oorvol program aandag gee en so nou en dan 'n stukkie afskeeptyd vir God opsy sit, dan moet jy nie verbaas wees as jy geestelik halfpad dood is nie. Dan maai jy wat jy saai: geestelike armoede! Leer om jou tyd tot die Heer se beskikking te stel sodat jy op die regte tyd Goddelike seën kan oes.

As jy in pas met die hemelse dagprogram wil leef, moet jy elke dag tot God se spesiale dag verklaar. Moenie net Sondae vir die Here opsy sit nie. Nee, maak van nou af elke Maandag tot Saterdag ook God se spesiale dag. Sê elke oggend as jy wakker word vir Hom dankie dat jy leef en verklaar die hele dag tot 'n feesdag. Kondig amptelik by die hemelse deure aan dat jy vandag se 24 uur, ja, elkeen van hierdie 1440 minute, aan die Here wy. O ja, onthou dat God jou hoor en dat Hy jou op jou woord vat. Van sy kant af sal Hy dadelik sy hemelse program inskryf bo-oor al jou afsprake, byeenkomste, kuiers en ontspanning.



Stephan Joubert


http://www.ekerk.co.za
http://www.echurch.co.za


~~~ :hartlik: :hartlik: :hartlik: ~~~~
Hmmm baie waar Smile
OLL, ek het ook ingeskryf by die e-kerk van Stephan Joubert en mens ontvang twee boodskappe per week, gister se boodskap wat ons Pronkertjie hier bo gepos het, is soos al die ander, altyd gepas en van toepassing op die hedendaagse lewe.


:lovef:
:thumbs: Jip Joan ek het ook ingeskryf! Smile