South Africa Info Forums

Full Version: Sien die Lig; gee weg
You're currently viewing a stripped down version of our content. View the full version with proper formatting.

Jy leef in pas met God se beginsels wanneer jy iets van jouself weggee. Gee jou kosbare tyd; ‘n paar sente; ‘n klein geskenkie; ‘n vinnige besoek aan ‘n eensame; ‘n gebed; ‘n sagte hand op iemand se skouer; ‘n luisterende oor... Paulus vertel dat Jesus gesê het dit maak ons gelukkiger om te gee as om te ontvang (Handelinge 20:35). Glo dit; doen dit! Een van die grondpilare van die evangelie is om weg te gee. Jesus is die perfekte Voorbeeld hiervan. Hy het alles op die altaar geplaas: Hy het mens geword; kruis toe gegaan; gesterf en opgestaan.
Om weg te gee, is om ‘n ewige belegging met jou lewe te maak. Dan belê jy in God se bank wat reuse hemelse opbrengste waarborg. In hierdie wêreld wil almal net hê. In God se wêreld gee mense egter graag iets van hulleself weg. Hoe meer hulle weggee sonder om iets terug te verwag, hoe meer stroom hemelse geluk in hulle lewens in. Dan raak hulle eie probleme en belange al hoe minder belangrik.

Onthou: Om jouself te gee aan die Here en ander, is om ‘n ewige belegging in Gods koninkryk te maak


Vrede

Stephan Joubert


http://www.ekerk.co.za
http://www.echurch.co.za