South Africa Info Forums

Full Version: Rond en bont
You're currently viewing a stripped down version of our content. View the full version with proper formatting.
Ek is nou al donkie jare uit Confusedunny: Suid Afrika uit, en soms wonder ek of die Afrikaans wat ek praat, nog in Suid Afrika gepraat word. Ek besluit om so ‘n bietjie op die internet te loer wat die spelreëls se, en kon my oë oe nie glo toe ek lees "kappies is straightforward" nie.

Ek begin toe wonder of straightforward dan nou Afrikaans is,of is ek nou heeltemal deurmekaar , want skielik lyk en voel my Afrikaans nie meer so straightforward vir my nie. Ek weet dat ek nie meer behoorlik kan spel nie – wat aanmekaar moet wees, maak ek los, wat los is heg ek aanmekaar, wat gekoppel teken moet word, maak ek sommer twee woorde. In my soeke na ‘n paar antwoorde kom ek toe op ‘n paar interessante woorde af.

‘n Woord wat ook eg Engels klink, maar tog eg Afrikaans is, is die woord EARS. Toe ek dit die eerste keer lees, klink dit toe net soos die straightforward woord wat my pla. EARS het egter niks met ore te doen nie – dit is die akroniem vir "ernstige akute respiratoriese sindroom" wat die Afrikaans is vir die gevreesde woord SARS ("serious acute respiratory syndrome") wat ons almal so skrik op die lyf gejaag het.

In my bietjie rekenaars kennis wat ek het, het ek geleer hoe om ‘n "browser" te gebruik. Nooit eers daaraan gedink dat dit dalk ‘n Afrikaanse naam kan he nie – hier is dit dan : ((n)) leser, blaaier, rondblaaier. Dit klink so ongemaklik om van ‘n leser of ‘n rondblaaier te praat – wat daarvan as die leser of rondblaaier vir die muis skrik! En wil julle glo, ‘n mens kry tot ‘n kuberskurk of ‘n netskurk. Ek het ook nog nooit gehoor dat ‘skrap’ die Afrikaans vir ‘delete’ is nie. Natuurlik kan uitvee ook gebruik word, wat myns insiens beter klink as skrap.

Van die rekenaar spring ek dan na ‘n ander interessante brokkie – het julle dalk gewonder waar die woord geelsug vandaan kom. Dit is ‘n woord wat al in 1270 bekend is: Die geel verwys natuurlik na die geel kleur van die sieke, en die woord sug is ‘n vervorming van ‘n ouer Germaanse woord wat "siekte" beteken het, dus is geelsug die "geel siekte". Interessanter is dat daar ook in Nederlands ‘n betekenis ontstaan het van "begeerte na geld of goud" (wat geel is), en in die geval is die sug in verband gebring met "soeke na", wat ook in ‘n woord soos eersug steek.

Wanneer ek Suid Afrika toe gaan is almal altyd verbaas dat ek nog Afrikaans sonder ‘n aksent praat. Jou moedertaal praat is soos fietsry – al het jy vir jare nie gery nie, kan jy opklim en dadelik trap.

Laat gerus vir ons weet hoe jy dit vind om nog Afrikaans te praat. Tot volgende keer. :read:
Ek stem saam met jou Pronks, ek glo dat die taal wat mens mee grootgeword het, altyd jou taal sal bly.

Ek weet van talle mense wat hard probeer om hulle "aksente" te verloor, dan wonder ek waarom?

In die kleine Brittanje alleen is daar so 'n duisternis van aksente, die Skotte en die Geordies verstaan mekaar nie, die mense van Liverpool en die Cockneys klink nie dieselfde nie, om nie eers te praat van die verskil in aksent tussen die noord en suid Walliesers nie!


Confusedaffer:
:comp:
Hallo julle,

Verskoon my Afrikaans. Hy is nie so mooi as julle s'n nie. Maar dit het 'n rede. Ek is nie 'n afrikaner nie, dit is wat tans my paspoort vir my sê. Ek is 'n hollander met 'n groot honger vir die ontwikkeling van sy tale. Afrikaans is my gunsteling taal en ek soek dan ook na moontlikhede om my afrikaans te kan verbeter.

Afrikaans is vir my so mooi. Die woorde rol lekker oor my tong in my mond. Die taal is so kragtig. Ek kry meer gese met een sin afrikaans als een sin nederlands.

Ongelukkig is da nie baie moontlikhede om my afrikaans te kan verbeter in Nederland (lees glad nie). Ek soek nu na moontlikhede om afrikaans klasse in SA te gaan volg. Als julle dit lees, watter vlak sal ek dan vir moet inteken?

Groete uit 'n koud nederland.
Ek is so dankbaar vir jou posting , ek was die enigste een wat op die "verslag" geantwoord het, en voel so dat meer van ons Afrikaans moet ondersteun, of ons dit nou goed of sleg praat, maak nie saak nie. solank ons die taal aan die gang hou
Ek stem saam. n Mens mis nie iets rerig tot jy dit nie meer het nie. So was dit dan ook toe Ek Amerika toe getrek het twee en n half jaar terug. Noou sien Ek amper niks meer Suid Afrikaners hier in Suidwes Florida nie, en almal is altyd so besig dat hulle nooit bymekaar kan uitkom nie. Dis wat Ek die meeste mis van Suid Afrika-Dit, Rugby en Biltong...
zulu Wrote:Ek stem saam. n Mens mis nie iets rerig tot jy dit nie meer het nie. So was dit dan ook toe Ek Amerika toe getrek het twee en n half jaar terug. Noou sien Ek amper niks meer Suid Afrikaners hier in Suidwes Florida nie, en almal is altyd so besig dat hulle nooit bymekaar kan uitkom nie. Dis wat Ek die meeste mis van Suid Afrika-Dit, Rugby en Biltong...


Jy is baie welkom..... kom kuier gerus meer hier!

SportsTalk sal jou meer van die Rugby kan vertel..... en die biltong.... nou daar kan Jangar vir jou vertel hoe om jou eie biltong maker te maak Smile

:daisy:

Oceane

Pronkertjie Wrote:Jy is baie welkom..... kom kuier gerus meer hier!

SportsTalk sal jou meer van die Rugby kan vertel..... en die biltong.... nou daar kan Jangar vir jou vertel hoe om jou eie biltong maker te maak Smile

:daisy:

O, ek sou graag wou weet hoe om 'n biltong maker te maak. Ons het onlangs by dierbare mense in die VK gekuier en hulle het sommer 'n allemintige biltong kas gehad. Die naaste wat ek die afgelope paar maande aan biltong hier tuis gekom het, is my man se gedroogte "magret de canard" wat van eend gemaak word en 'n heerlike plaasvervanger is, maar tog nie die ware Jakob nie!

Ek lees te heerlik hier aan al die gesels is Afrikaans, doen so voort! Smile