South Africa Info Forums

Full Version: Wat my Ma my geleer het!!
You're currently viewing a stripped down version of our content. View the full version with proper formatting.
Wat ma my geleer het

1. Sy het my geleer om WERK WAT GOED GEDOEN IS TE WAARDEER



"As julle mekaar wil doodmaak, doen dit buite - ek het nou net klaar skoon gemaak."

2. Sy het my van GODSDIENS geleer.



"Jy beter begin bid dat die kol uit die mat kom."

3. Sy het my geleer OM IN TYD TE REIS



"As jy nie opruim nie foeter ek jou tot in volgende week in."

4. Sy het my LOGIKA geleer.



"Want ek sê so, dis hoekom."

5. Sy het my geleer om VOORBEREID te wees.



"Trek skoon onderklere aan vir ingeval jy in 'n ongeluk kom."

6. Sy het my IRONIE geleer.



"Hou aan lag en ek gee jou iets om oor te huil."

7. Sy het my oor WETENSKAP VAN OSMOSE geleer.



"Maak toe jou mond en eet jou kos."

8. Sy het my van UITHOUVERMOË geleer.



"Jy sal daar bly tot al jou spinasie klaar is."

9. Sy het my van die WEER geleer.



"Dit lyk asof 'n tornado deur jou kamer was."

10.Sy het my van SKYNHEILIGHEID geleer.



"Ek het jou 'n duisend maal gesê, moenie oordryf nie."

11. Sy het my van GEDRAGSVERANDERING geleer.



"Hou op om soos jou pa op te tree."

12.Sy het my van JALOESIE geleer.



"Daar is duisende onbevoorregte kinders op die aarde wat enige iets sou gee om ouers soos jy te hê."


Confusedaffer: